Page 202 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

198
DIE KONING VAN DIE EEUE
die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.” “Waak dan en
bid altyd- deur, sodat julle waardig mag geag word om al hierdie
dinge wat kom, te ontvlug en te staan voor die Seun van die mens.”
Lukas 21: 31, 34, 36.
Ons het die tyd bereik wat in hierdie skrifte voorspel is. Die tyd
van die einde het gekom, die gesigte van die profete word geopen-
baar, en hulle ernstige waarskuwings wys daarop dat die koms van
die Here in heerlikheid naby is.
Die Jode het die Woord van God verkeerd vertolk en verkeerd
toegepas, en hulle het nie die tyd van hulle besoeking geken nie. Die
jare van die bediening van Christus en Sy apostels — die kosbare
laaste jare van genade aan die uitverkore volk — het hulle bestee aan
planne om die Here se boodskappers dood te maak. Aardse ambisies
het hulle in beslag geneem, en die geestelike is hulle tevergeefs
aangebied. So ook vandag word die mense se harte in beslag geneem
deur die koninkryk van hierdie wêreld, en hulle slaan nie ag op die
vinnig- vervullende profesieë en die tekens van die spoedige koms
van die koninkryk van God nie.
Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos
n dief sou oorval nie. Julie is almal kinders van die lig en kinders
van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.” Hoewel ons
nie die uur van die Here se koms sal weet nie, kan ons weet wanneer
dit naby is. “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons
waak en nugter wees.” 1 Thess. 5:4-6.
[231]