Page 201 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Koninkryk van God het Naby Gekom”
197
Die tyd van Christus se koms, Sy salwing met die Heilige Gees,
Sy dood, en die verkondiging van die evangelie aan die heidene
daarop is bepaald gewys. Dit was die voorreg van die Joodse
volk om hierdie profesieë te verstaan en hulle vervulling te sien in
die sending van Christus. Christus het die belangrikheid van die
studie van die profesieë by Sy dissipels beklemtoon. Verwysende na
n profesie van Daniël, wat betrekking gehad het op hulle tyd, het
Hy gesê, “Laat hy wat lees, oplet.” Matt. 24: 15. Ná Sy opstanding
het Hy “en al die profete” die dinge aan Sy dissipels verduidelik
wat op Hom betrekking het.” Lukas 24: 27. Die Heiland het deur al
die profete gespreek. “Die Gees van Christus wat in hulle was” het
getuig “van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid
daarna.” 1 Pet. 1: 11.
Dit was Gabriel, die engel wat die rang net onder Christus beklee,
wat met die goddelike boodskap na Daniël gekom het. Dit was
Gabriël, “Sy engel,” wat Christus gestuur het om die toekoms aan
Johannes te openbaar, en daar word ’n seën uitgespreek op diegene
wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar
wat daarin geskrywe is. (Openb. 1: 3.)
Die Here Here doen niks tensy dat Hy eers Sy geheimenis aan
Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” Terwyl die “verborge
dinge” vir die Here onse God is, is die “geopenbaarde dinge ... vir
ons en ons kinders tot in ewigheid.” Amos 3: 7; Deut. 29: 29. God het
hierdie dinge aan ons gegee, en Hy sal Sy seën gee by ’n eerbiedige
en biddende studie van die profetiese geskrifte..
[230]
Net soos die boodskap van Christus se eerste koms die koninkryk
van Sy genade aangekondig het, so kondig die boodskap van Sy
tweede koms die koninkryk van Sy heerlikheid aan. En die tweede
boodskap, net soos die eerste, is gebaseer op die profesieë. Die
woorde van die engel aan Daniël met betrekking tot die laaste dae,
sou verstaan word in die tyd van die einde. In daardie tyd sal baie
dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.” “Die goddelose sal
goddeloos handel; en geeneen van die goddelose sal verstaan nie,
maar die verstandige sal verstaan.” Dan. 12: 4, 10. Die Heiland self
het die tekens van Sy koms gegee, en Hy het gesê, “So moet julle
ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie
dinge sien gebeur.” “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie
miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van