Page 200 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

196
DIE KONING VAN DIE EEUE
was die tyd wat deur die engel Gabriel aan Daniel bekendgemaak is.
Sewentig weke,” het die engel gesê, “is oor jou volk en jou heilige
stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat
van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen
en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet
te beseel en om ’n hoogheilige voorwerp te salf.” Dan. 9: 24. ’n
Dag in die profesie staan vir ’n jaar. (Sien Num. 14: 34; Eseg. 4:
6.)
Die sewentig weke, of vierhonderd-en-negentig dae, stel voor
vierhonderd- en-negentig jaar. Die aanvangspunt van hierdie tydperk
is gegee: “Nou moet jy weet en verstaan; van die uitgang van die
woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op n gesalfde,
n vors, is sewe weke, en twee-en-sestig weke”—’n periode van
nege-en-sestig weke, of vierhonderd drie-en-tagtig jaar. (Dan. 9:
25.)
Die bevel om Jerusalem te herbou, soos voltooi deur Artasasta
Longimanus (sien Esra 6: 14; 7: 1, 9), het in werking getree in die
herfs van die jaar 457 v.C. Vanaf daardie tyd bereken, sal vierhonderd
drie-en-tagtig jaar strek tot die herfs van die jaar 27 n.C. Volgens die
profesie sou hierdie tydperk strek tot by die Messias, die Gesalfde.
In die jaar 27 n.C., het Jesus by Sy doop die salwing van die Heilige
Gees ontvang, en kort daarna het Hy Sy openbare sending begin.
Toe is die boodskap verkondig, “Die tyd is vervul.”
Dan sou Hy, het die engel gesê, “een week lank [sewe jaar]
met baie ’n sterk verbond sluit.” Vir sewe jaar nadat die Heiland Sy
bediening begin het, is die evangelie spesiaal aan die Jode verkondig;
vir drie en ’n half jaar deur Christus self, en daarna deur die apostels.
[229]
Gedurende die helfte van die week sal Hy slagoffer en spysoffer
laat ophou.” Dan. 9: 27. In die lente van die jaar 31 n.C., is Christus,
die ware slagoffer, op Golgota geoffer. Toe is die voorhangsel van
die tempel in twee geskeur as bewys dat die heiligheid en betekenis
van die offerstelsel geëindig het. Die tyd het gekom vir die aardse
slag- offcrs en spysoffers om ten einde te loop.
Daardie een week, of sewe jaar, het in die jaar 34 n.C., geëindig.
Toe het die Jode, deur die steniging van Stefanus hulle verwerping
van die evangelie finaal beseël. Die dissipels wat deur die vervolging
verstrooi is, “het die land deurgegaan en die woord van die evangelie
verkondig” (Hand. 8:4); en kort daarna het Saulus, die vervolger,
tot bekering gekom, en het hy Paulus, die apostel tot die heidene
geword.