“
Die Koninkryk van God het Naby Gekom”
195
Net soos die lig en die lewe van die mense deur die geestelike
leiers verwerp is in die dae van Christus, so is dit ook deur elke
geslag daarna verwerp. Keer op keer is die geskiedenis van Christus
se onttrekking uit Judea herhaal. Toe die Hervormers die Woord
van God verkondig het, het hulle nie daaraan gedink om hulleself
van die gevestigde kerk af te skei nie; maar die geestelike leiers
het nie die lig verdra nie, en diegene wat dit gedra het, moes hulle
na n ander klas wend wat verlang het na die waarheid. In ons tyd,
waarin die belydende navolgers van die Hervormers lewe, is daar
min wat met hulle gees besiel is. Daar is min wat luister om Gods
stem te verneem en wat gewillig is om die waarheid aan te neem,
in watter vorm dit ook mag kom. Dikwels word diegene wat in die
voetstappe van die Hervormers volg, verplig om die kerke wat hulle
liefhet, te verlaat ten einde die duidelike leer van die Woord van God
te verkondig. En dikwels ook word diegene wat soek na lig, deur
dieselfde lering verplig om die kerk van hulle vaders te verlaat sodat
hulle God kan gehoorsaam.
Die mense van Galilea is deur die rabbi s van Jerusalem verag as
grof en ongeleerd, maar hulle was ’n gunstiger arbeidsveld vir die
Heiland se werk. By hulle was daar groter opregtheid en erns; hulle
was minder dweepsiek; en hulle was vatbaar vir die waarheid. Deur
na Galilea te gaan, het Jesus nie isolasie en afsondering gesoek nie.
Die provinsie was in daardie tyd baie dig bewoon en met n groter
volksverskeidenheid as die van Judea.
[228]
Terwyl Jesus deur Galilea gereis en geleer en genees het, het
skares na Hom gestroom uit die stede en dorpies. Selfs uit Judea
en aan- grensende provinsies het baie mense gekom. Dikwels was
Hy verplig om te gaan wegkruip vir die mense. Die geesdrif van die
mense was so groot dat daar versigtig gehandel moes word om nie
die vrees van die Romeinse owerheid vir ’n opstand op te wek nie.
Nog nooit was daar vir die wêreld ’n periode soos hierdie nie. Die
Hemel het na die mense toe afgekom. Hongerige en dorstige siele
wat lank op die verlossing van Israel gewag het, het nou die genade
van ’n barmhartige Heiland ingedrink.
Die hooftema van Christus se prediking was, “Die tyd is vervul
en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die
evangelie.” So was die evangelieboodskap dan, soos deur die Heiland
self verkondig, op die profesieë gebaseer. Die “tyd” wat vervul is,