Page 198 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Koninkryk van God het Naby Gekom”
JESUS het in “Galilea gekom en die evangelie van die koninkryk
van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van
God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.” Markus 1:
14, 15.
Die koms van die Messias is die eerste verkondig in Judea. Die
geboorte van die boodskapper is aan Sagaria voorspel terwyl hy
voor die altaar gedien het in die tempel te Jerusalem. Op die berge
van Betlehem het die engele die geboorte van Jesus aangekondig.
Die wyse manne het na Jerusalem gekom soekende na Hom. In die
tempel het Simeon en Anna getuig van Sy godheid. “Jerusalem en
die hele Judea” het die prediking van Johannes die Doper gehoor;
en die alvaardiging van die Sanhedrin, sowel as die skare, het sy
getuienis aangaande Jesus gehoor. Christus het Sy eerste dissipels
in Judea geroep, en daar ook het Sy vroeë bediening geskied. Die
deurflitsing van Sy godheid by die reiniging van die tempel, Sy
wonderwerke van genesing, die lesse van goddelike waarheid wat
Hy geleer het — dit alles het getuig wat Hy ook ná die genesing
by Betesda self voor die Sanhedrin getuig het, naamlik dat Hy die
[226]
[227]
Seun van die ewige God was.”
As die leiers van Israel Christus aangeneem het, sou Hy hulle
vereer het om Sy boodskappers te wees om die evangelie na die hele
wêreld te neem. Aan hulle is die eerste kans gegee om boodskappers
van die koninkryk en genade van God te word. Maar Israel het nie
die tyd van sy besoeking geken nie. Die jaloesie en wantroue van
die Joodse leiers het oorgegaan tot openlike haat, en die harte van
die mense is afgekeer van Jesus.
Die Sanhedrin het Christus se boodskap verwerp en hulle was
vasberade om Hom dood te maak; daarom het Jesus uit Jerusalem
vertrek, weg van die priesters, die tempel, die geestelike leiers, en
die mense wat uit die wet onderrig is, en Hy het Hom gewend tot n
ander klas om Sy boodskap te verkondig en diegene uit te kies wat
die evangelie na alle nasies sou neem.
194