192
DIE KONING VAN DIE EEUE
droefheid in Christus se hart te bring deur Johannes te tref. Die Een
wat hy nie tot die sonde kon verlei nie, sou hy nou laat ly.
Jesus het nie tussenbei gekom om Sy dienskneg te verlos nie.
Hy het geweet dat, Johannes die toets sou deurmaak. Blymoedig sou
die, Here na Johannes gekom het om sy donker sel te verlig met Sy
teen- woordigheid. Maar Hy kon Homself nie in die hande van Sy
vyande gaan stel en Sy werk in gevaar bring nie. Met die grootste
bereidwilligheid sou Hy Sy getroue dienskneg verlos het, maar vir
die ontwil van duisende wat in later jare in die gevangenis gewerp en
gedood sou word, moes Johannes die martelaarsbeker ledig. Waar
die navolgers van Jesus in eensame kerkers moes kwyn, of deur die
swaard, of pynbank, of brandstapel moes omkom, oënskynlik deur
God verlate, sou dit n baie groot bemoediging vir hulle wees om
te weet dat Johannes die Doper van wie se getrouheid Christus self
getuig het, ook so gely het!
Die Satan is toegelaat om die aardse lewe van Gods boodskapper
vroeg te beëindig, maar die lewe wat saam met Christus verborge is
[224]
in God, kan die verwoester nie raak nie. (Kol. 3: 3.) Hy het homself
daarin verheug dat hy Christus in droefheid gedompel het, maar
hy het nie daarin geslaag om Johannes te oorwin nie. Die dood
het Johannes vir altyd buite die bereik van die krag van versoeking
geplaas. In hierdie stryd het die Satan sy eie karakter geopenbaar.
Voor die ganse heelal as getuie het hy sy vyandigheid teen God en
mens gewys.
Hoewel Johannes nie op wonderbaarlike wyse verlos is nie, is hy
nie verlaat nie. Daar was altyd hemelse engele by hom teenwoordig
wat die profesieë aangaande Christus vir hom geopen het, asook die
kosbare beloftes van die Skrifte. Dit het hom ondersteun, net soos dit
ook die steun sou wees van Gods volk deur die eeue. Aan Johannes
die Doper, net soos aan die wat ná hom gekom het, is die versekering
gegee, “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die
wêreld.” Matt. 28: 20.
God lei Sy kinders nooit langs ’n ander weg as die wat hulle
self sou kies as hulle maar die einde van die begin af kon sien, en
die heerlike doel waaraan hulle beantwoord as medewerkers van
Hom nie. Henog wat na die hemel is sonder om te sterf, en Elia
wat in ’n wa van vuur oopgeneem is, was nie groter of meer geëerd
as Johannes die Doper wat alleen daar in sy sel omgekom het nie.