Page 195 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Gevangeskap en Dood van Johannes
191
het, het nou tot sy gewete gespreek, duideliker as die prediking in
die woestyn.
Toe Herodes hoor van die werke van Christus, was hy baie ver-
ontrus. Hy het gedink dat God Johannes uit die dode opgewek, en
hom nou uitgestuur het met nog groter krag om die sonde te bestraf.
Hy het in gedurige vrees verkeer dat Johannes sy dood sou wreek
deur hom en sy huis te vervloek. Herodes het die gevolge van sy
sonde geoes soos God gesê het: “Die Here sal jou daar ’n bewende
hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel. En jou lewe sal voor
jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie
seker wees nie. In die more sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in
die aand sal jy sê: Ag, was dit maar more! van- weë die skrik van
jou hart wat jou sal aangryp en van weë die gesig van jou oë wat jy
sal sien.” Deut. 28:65-67. Die sondaar se eie gedagtes is sy aanklaer,
en daar is geen marteling wreder as die angel van ’n skuldige gewete
wat hom dag en nag geen rus gee nie.
Vir vele is die lot van Johannes ’n groot verborgenheid. Hulle wil
weet waarom hy alleen gelaat is om daar in die gevangenis aan sy
einde te kom. Die donker misterie van hierdie daad van God kan nie
[223]
deur die menslike oog deurdring word nie; maar dit kan nooit ons
vertroue in God skok as ons daaraan dink dat Johannes slegs gedeel
het in die lyde van Christus nie. Almal wat Christus navolg, sal die
kroon van opoffering moet dra. Hulle sal sekerlik misverstaan word
deur selfsugtige mense, en hulle sal die mikpunt word van wrede
aanvalle van die Satan. Dit is hierdie beginsel van self opoffering
wat sy koninkryk wil vernietig, en hy sal daarteen veg waar dit ookal
geopenbaar word.
Die kinder-, jongelings-, en manlike jare van Johannes was ge-
kenmerk deur vasberadenheid en sedelike krag. Toe ,hy in die
woestyn gepreek het, “Berei die weg van die Here, maak Sy paaie
reguit!” (Matt. 3:3) het die Satan gevrees vir die veiligheid van sy
koninkryk. Die sondigheid van die sonde is op so ’n wyse geopen-
baar dat mense gesidder het. Die Satan se mag oor vele wat onder
sy beheer was, is gebreek. Hy het onvermoeide pogings aangewend
om die Doper af te wen van ’n lewe van volkome oorgawe aan God,
maar dit het hom nie geluk nie. En ook het hy nie daarin geslaag
om Jesus te oorwin nie. In die versoeking in die woestyn is die
Satan verslaan, en groot was sy woede. Nou was hy vasberade om