190
DIE KONING VAN DIE EEUE
sinne te benewel, maak hy dit vir hom onmoontlik om ’n kalme
oordeel te vel, of om ’n duidelike besef te hê van goed en kwaad. Hy
open die weg vir die Satan om deur hom te werk om die onskuldiges
te verdruk en te vernietig. “Die wyn is ’n spotter, en sterke drank ’n
lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.”
Spr. 20: 1. So gebeur dit ook dat “die reg teruggedring [word] . . . ja,
die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word ge-
plunder.” Jes. 59: 14, 15. Diegene wat seggenskap het oor die lewens
van hulle medemens, moet strafbaar wees as hulle hulle oorgee aan
dronkenskap. Almal wat die wet van die land administreer, behoort
self die wet te hou. Hulle moet manne van selfbeheersing wees.
Hulle moet volle beheer hê oor hulle liggaamlike, verstandelike, en
sedelike kragte, sodat hulle ’n gesonde verstand en ’n hoë gevoel
van reg kan hê.
Die hoof van Johannes die doper is na Herodias geneem wat dit
met duiwelse tevredenheid aangeneem het. Sy het gejuig in haar
wraak en haarseif gevlei met die gedagte dat Herodes se gewete
hom nie langer sou pla nie. Maar sy het geen geluk gevind in haar
sonde nie. Haar naam is gevrees, terwyl Herodes heftiger gewetens-
wroegings moes verduur as toe die profeet hom gewaarsku het. Die
invloed van Johannes se prediking is nie vernietig nie; dit sou in elke
[222]
geslag gevoel word tot die einde van tyd.
Herodes se sonde was gedurig voor hom. Onafgebroke het hy
gesoek om die aanklaende stem van sy skuldige gewete te stil. Sy
geloof in Johannes was onwrikbaar. Waar hy gedink het aan Johannes
se lewe van selfverloëning, aan sy ernstige oproepe, sy ge- sonde
oordeel en raad, en waar hy onthou het hoe hy aan sy dood gekom het,
kon Herodes geen rus vind nie. Waar hy besig was met staatsake, en
eer van mense ontvang het, het hy geglimlag en ’n waardige houding
aangeneem, terwyl hy binne-in hom ’n angstige hart omgedra het,
gedurig gekwel deur die vrees dat ’n vloek op hom gerus het.
Die woorde van Johannes dat mens niks vir God kan verberg
nie, het ’n baie diep indruk gemaak op Herodes. Hy was daarvan
oor- tuig dat God alomteenwoordig was; dat Hy die brassery in die
banket- saal gesien het; dat Hy die bevel om Johannes te onthoof,
gehoor het; en dat Hy die tevredenheid van Herodias gesien, en haar
belediging van die hoof van die een wat haar bestraf het. En nog
baie ander dinge wat Herodes van die lippe van die profeet gehoor