Die Gevangeskap en Dood van Johannes
189
hart nie, en sy het geaarsel om die versoek voor te lê, maar die
vasberaden- heid van Herodias het gewin. Die meisie is terug met
die vreeslike versoek, “Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van
Johannes die Doper op ’n skottel gee.” Markus 6: 25.
Herodes was verbaas en verbyster. Die joligheid het opgehou,
en ’n onheilspellende stilte het neergesak op die toneel van plesier.
Die gedagte om Johannes om die lewe te bring, het die koning met
afsku vervul. Maar hy het sy woord gegee en hy wou dit nie laat
blyk dat hy sommer die belofte in ligsinnigheid gegee het nie. Hy
het die eed geneem ter ere van die gaste, en as een van hulle maar
’
n woordjie wou spreek teen die vervulling van die belofte, sou hy
met die grootste bereidwilligheid die lewe van die profeet gespaar
het. Hy het hulle geleentheid gegee om te praat in die guns van die
gevangene. Hulle het groot afstande gereis om die prediking van
Johannes te hoor, en hulle het geweet dat hy ’n dienskneg van God
was, en aan geen misdaad skuldig was nie. Maar alhoewel hulle
geskok was oor die meisie se versoek, was hulle te besope om te
protesteer. Geen stem is verhef om die lewe van die boodskapper
van die Hemel te spaar nie. Hierdie manne het hoë posisies beklee
onder die Volk, en op hulle het groot verantwoordelikhede gerus,
maar hulle het
[221]
hulleself so oorgegee aan swelgery en dronkenskap dat hulle
verstand benewel was. Die musiek en die gedans het hulle in so
’
n mate aangetas dat hulle gewete aan die slaap was. Deur hulle
stilswye het hulle die doodvonnis uitgespreek oor die profeet van
God om die wraaksug van ’n losbandige vrou te bevredig.
Herodes het tevergeefs gewag om van sy eed onthef te word,
en toe het hy onwillig die onthoofding van die profeet gelas. Baie
gou is die hoof van Johannes ingebring voor die koning en sy gaste.
Daardie lippe wat Herodes so getrou gewaarsku het, om hom te
bekeer van sy sondige lewe, is vir ewig die swye opgelê. Nooit weer
sou daardie stem wat mense tot bekering geroep het, gehoor word
nie. Die dronkenskap van daardie een aand het die lewe gekos van
een van die grootste profete.
O hoe dikwels is die lewens van onskuldiges opgeoffer aan die
onmatigheid van diegene wat die reg moes bewaar het! Die persoon
wat bedwelmende drank drink, word verantwoordelik gehou vir al
die onreg wat hy mag pleeg onder die invloed van drank. Deur sy