188
DIE KONING VAN DIE EEUE
heer- likheid bestraal het nie. Die geringste dissipel wat Christus
se mag- tige werke gesien en Sy woorde gehoor het, was in hierdie
opsig meer bevoorreg as Johannes die Doper, en dus ook groter as
hy.
Deur die groot skares wat na Johannes se prediking geluister het,
het sy roem deur die land versprei. Daar is baie belanggestel in wat
die uitwerking van sy gevangeskap sou wees. Maar sy onbesproke
lewe, en die sterk openbare gevoel in sy guns, het die mening laat
ontstaan dat daar geen geweld teenoor hom sou gepleeg word nie.
Herodes het geglo dat Johannes ’n profeet van God was, en dit
was sy plan om hom weer vry te stel. Maar hy het dit uitgestel uit
vrees vir Herodias.
Herodias het geweet dat sy nooit deur regstreekse metodes He-
rodes sou kon oorhaal om Johannes te laat dood maak nie, en sy het
besluit om haar plan uit te voer met lis. Op die koning se verjaarsdag
is daar ’n onthaal gereël vir die staatsamptenare en howelinge. Daar
sou ’n feesmaal en dronkenskap wees. Herodes sou met die oog op
hierdie feestelikhede nie so waaksaam wees nie, en sou moontlik
deur haar beïnvloed kon word volgens haar wil.
Toe die groot dag aanbreek, en die koning en sy here besig was
om te eet en drink, het Herodias haar dogter in die banketsaal gestuur
[220]
om te dans vir die vermaak van die gaste. Salome was in die fleur
van haar vrouelike skoonheid wat die edelliede heeltemal betower
het. Dit was nie die gebruik vir die dames van die hof om by sulke
feestelik- hede te verskyn nie, en Herodes is baie lof toegeswaai toe
hierdie dogter van Israel se priesters en vorste gedans het vir die
vermaak van die gaste.
Die koning was half dronk van die wyn. Die sinne het die oor-
hand gekry en die rede is onttroon. Hy het slegs die saal van plesier
gesien met die vrolike gaste, die bankettafel, die fonkelende wyn,
die skitterende ligte, en die dansende meisie voor hom. In die onbe-
dagsaamheid van die oomblik wou hy graag iets doen wat hom sou
verhef voor die groot manne van sy ryk. Met ’n eed het hy belowe
om aan die dogter van Herodias enigiets te gee wat sy mag vra, selfs
tot die helfte van sy koninkryk.
Salome is haastig na haar moeder om te verneem wat sy moes
vra. Die antwoord was gereed — die hoof van Johannes die Doper.
Salome het nie geweet van die dors na wraak in haar moeder se