Page 191 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Gevangeskap en Dood van Johannes
187
Diegene wat gehoor het wat Johnnnes van Jesus gesê het, en wat
na sy dood van hom getuig het, het gesê: “Johannes het wel geen
teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was
waar.” Joh. 10: 41. Johannes het nie vuur uit die hemel laat neerdaal,
of die dode opgewek soos Elia nie; en nog minder het hy Moses se
staf van krag gebruik in die Naam van God. Hy is gestuur om die
koms van die Heiland aan te kondig, en om die volk te waarsku om
hulle voor te berei vir Sy koms. So getrou het hy sy sending vervul
dat die mense, toe hulle in herinnering geroep het wat hy van Jesus
gesê het, kon getuig: “Alles wat Johannes van Hom gesê het, was
waar.” Elke dissipel van die Meester is geroep om so vir Christus te
getuig.
As die boodskapper van die Messias was Johannes “baie meer
as ’n profeet.” Want terwyl die profete die koms van Christus van
ver af gesien het, is dit aan Johannes gegee om Hom te sien, om die
getuienis van die hemel aangaande Sy Messiaskap te hoor, en Hom
aan Israel voor te stel as die Een van God gestuur. Maar nogtans het
Jesus van hom gesê: “Maar die kleinste in die koninkryk van God is
groter as hy.”
[219]
Die profeet Johannes was die skakel tussen die twee bedelings.
As Gods verteenwoordiger het hy opgetree om die verhouding te
toon van die wet en die profete tot die Christelike bedeling. Hy
was die mindere lig wat gevolg sou word deur die groter een. Die
verstand van Johannes was verlig met die Heilige Gees sodat hy sy
lig kon laat skyn op die volk; maar geen ander lig het ooit en sal
ooit helderder skyn op die gevalle mens as die wat geskyn het uit
die leer en voorbeeld van Jesus nie. Christus en Sy sending is maar
baie dof weerkaats deur die offerstelsel. Selfs Johannes het nie die
toekomstige ewige lewe verstaan wat sou kom deur die Verlosser
nie.
Afgesien van die vreugde wat Johannes gevind het in sy sending,
was sy lewe een van verdriet. Sy stem is maar selde gehoor behalwe
in die woestyn. Hy het ’n eensame lewe gelei. Hy sou nie die resul-
tate van sy werk sien nie. Hy sou nie die voorreg hê om by Christus
te wees en om die goddelike krag van die groter lig te sien nie.
Hy sou nie sien hoedat die blindes weer sien, die siekes genees, en
die dode opgewek word nie. Hy het nie die lig gesien wat uit elke
woord van Christus geskyn en die beloftes van die profesieë met