186
DIE KONING VAN DIE EEUE
selfopofferende lewe was in ooreenstemming met sy sending. Mooi
klere en die weelde van die lewe is nie die deel van Gods diensknegte
nie, maar van diegene wat in paleise woon, die regeerders van hierdie
wêreld aan wie die mag en die rykdom behoort. Jesus het hulle
aandag gevestig op die kontras tussen die kleding van Johannes en
die wat gedra is deur die priesters en die owerstes. Hierdie amptenare
het pragtige klere en versiersels gedra. Hulle was lief vir vertoon,
waarmee hulle die mense wou verblind om dus groter respek af te
dwing. Hulle was meer daarop gesteld om die bewondering van
mense te verkry as daardie reinheid van hart wat die goedkeuring
van God sou weg- dra. Op hierdie wyse het hulle geopenbaar dat
hulle hulle trou nie aan God gegee het nie, maar aan die koninkryk
van hierdie wêreld.
“
Maar wat het julle uitgegaan om te sien?” het Jesus weer gevra.
“’
n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet! Dit is hy
van wie daar geskrywe is —
“
Kyk, Ek stuur My boodskapper voor U aangesig,
Wat U weg voor U sal regmaak.”
[218]
“
Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar
geen profeet groter as Johannes die Doper nie.” In die aankondiging
aan Sagaria voor die geboorte van Johannes, het die engel gesê:
“
Hy sal groot wees voor die Here.” Lukas 1:15. Wat is grootheid
volgens die skatting van die Hemel? Nie wat die wêreld as grootheid
reken nie; nie rykdom, of rang, of edele afkoms, of verstandelike
begaafdheid nie. As verstandelike begaafdheid, sonder enige hoëre
aansien, eer verdien, dan is ons eer verskuldig aan die Satan wie se
verstandelike bekwaamheid deur geen mens geëwenaar is nie. Maar
as sulke bekwaamheid vir selfsugtige doeleindes aangewend word,
dan kan mens sê: Hoe groter die gawe, hoe groter die vloek. Dit is
sedelike waardes wat God hoog waardeer. Liefde en reinheid is die
eienskappe wat Hy die hoogste waardeer. Johannes was groot in die
oë van God toe hy voor die boodskappers van die Sanhedrin, voor
die volk, en voor sy eie dissipels, geweier het om eer vir homself
te soek, maar almal op Jesus gewys het as die Beloofde Een. Sy
onself- sugtige vreugde in die diens van Christus is die edelste soort
eienskap nog ooit in die mens geopenbaar.