Page 189 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Gevangeskap en Dood van Johannes
185
Godheid, sou vir hulle geen getuienis wees nie. Hulle het gewag
op ’n Messias wat nooit belowe is nie. Johannes het gesien dat die
Heiland se werk niks anders as hulle haat en veroordeling sou uitlok
nie. Hy, die voorloper, het slegs gedrink uit die beker wat Christus
tot die droesem toe sou moes drink.
Die Heiland se woorde, “Salig is elkeen wat aan My nie aanstoot
neem nie,” was bedoel as sagte bestraffing vir Johannes. En hy het
dit aangeneem. Omdat hy nou die aard van Christus se sending beter
verstaan het, het hy homself aan God oorgegee vir lewe of dood, wat
beste die belange sou bevorder van die saak wat hy liefgehad het.
Ná die boodskappers vertrek het, het Jesus tot die volk aangaande
Johannes gespreek. Die Heiland se hart het uitgegaan tot die getroue
getuie wat nou in Herodes se gevangenis opgesluit gesit het. Hy sou
die mense nie laat dink dat God Johannes verlaat het, of dat sy geloof
gefaal het in die uur van beproewing nie. “Wat het julle uitgegaan
in die woestyn om te aanskou?” het Hy gevra. “’n Riet wat deur die
wind beweeg word?”
[217]
Die lang riete wat langs die Jordaan gegroei het en wat deur
elke windjie beweeg is, was ’n gepaste voorstelling van die rabbi’s
wat as kritici opgetree het van die Doper se werk. Hulle is heen en
weer beweeg deur die winde van die openbare mening. Hulle wou
hulle- self nie verneder om die hartdeurdringende boodskap van die
Doper aan te neem nie, en tog was hulle bang vir die mense om
sy werk openlik te weerstaan. Maar Gods boodskapper het nie so
n gedweë gees gehad nie. Die skare rondom Christus was getuie
van die werk van Johannes. Hulle het gehoor hoe onverskrokke hy
die sonde bestraf het. Tot die eiegeregtige Fariseërs, die priesterlike
Sadduseërs, Koning Herodes en sy hof, vorste en soldate, tollenaars
en dagloners, het Johannes ewe duidelik gespreek. Hy was nie ’n
swaaiende riet wat heen en weer beweeg is deur die winde van
menslike lof of vooroordeel nie. In die gevangenis was hy net so
getrou aan God en net so ywerig vir die geregtigheid as toe hy Gods
boodskap in die woestyn verkondig het. Wat beginsels betref, was
hy rotsvas.
Jesus het voortgegaan, “Maar wat het julle uitgegaan om te sien?
n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in
weelde lewe, is in die paleise.” Johannes is geroep om die sondes
en buitensporigheid van sy tyd te bestraf, en sy eenvoudige klere en