Page 188 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

184
DIE KONING VAN DIE EEUE
Verlosser. Jesus het siektes bestraf en koors verban. Sy stem het
die ore van sterwendes bereik en hulle het opgestaan in gesondheid
en lewenskrag. Verlamde duiwelbesetenes het Sy woord gehoor-
saam, hulle is van hulle kranksinnigheid genees en het Jesus aanbid.
Terwyl Hy hulle genees het, het Jesus die mense geleer. Die arme
arbeiders en dagloners wat deur die rabbi’s vermy is as onrein, het
hulle om Hom geskaar en Hy het tot hulle die woorde van die ewige
lewe gespreek.
So het die dag verbygegaan, en die dissipels van Johannes het
alles gesien en gehoor. Eindelik het Jesus hulle laat roep en aan hulle
gesê om aan Johannes te gaan vertel wat hulle gesien het, sluitende
met die volgende woorde: “Salig is elkeen wat aan My nie aanstoot
neem nie.” Lukas 7: 23. Die bewyse van Sy godheid is gesien in Sy
werk vir die lydende mensdom. Sy heerlikheid is geopenbaar in Sy
neerbuigende liefde deur ons plek in te neem.
Die dissipels het die boodskap geneem, en dit was genoeg. Jo-
hannes het hom die profesie aangaande die Messias herinner, “Die
Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om
n blye boodskap te bring aan die sagmoediges; Hy het My gestuur
om te” “verbind die gebrokene van hart, om vir die gevangene ’n
[216]
vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevange-
nis; om uit te roep n jaar van die welbehae van die Here.” Jes. 61:
1, 2.
Nie alleen het die werke van Christus Hom aangekondig as
die Messias nie, maar dit het getoon op watter wyse Sy koninkryk
opgerig sou word. Aan Johannes is dieselfde waarheid geopenbaar
as aan Elia in die woestyn, toe ’n “groot en sterk wind die berge
skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die
Here nie. En na die wind ’n aardbewing; in die aardbewing was die
Here nie. En na die aardbewing ’n vuur; in die vuur was die Here
nie. En na die vuur het God met die profeet gespreek deur die gesuis
van ’n sagte stilte.” 1 Kon. 19: 11, 12. So sou Jesus ook Sy werk
doen, nie met wapengekletter en die omverwerping van trone en
koninkryke nie, maar deur tot die harte van die mense te spreek deur
n lewe van ontferming en opoffering.
Die beginsel van die Doper se eie lewe van selfverloëning was
die beginsel van die Messias se koninkryk. Johannes het goed geweet
hoe dit alles ingedruis het teen die beginsels en hoop van die leiers
van Israel. Wat vir hom oortuigende bewys was van Christus se