Page 187 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Gevangeskap en Dood van Johannes
183
sou plaas- vind. Hy het sy hele lewe opgeoffer vir die sukses van
hierdie sending. Was dit alles tevergeefs?
Dit het Johannes ontstel om te sien dat sy dissipels, uit liefde vir
hom, ongeloof gekoester het teenoor Jesus. Sou sy werk vir hulle
vrugteloos gewees het? Was hy self ontrou gewees in sy sending
dat hy nou nie meer mag werk nie? As die beloofde Verlosser wel
verskyn het en Johannes getrou was aan sy roeping, sou Jesus dan
nie nou die mag van die verdrukker verbreek en sy voorloper vrystel
nie?
Maar die Doper het nie sy geloof in Christus opgegee nie. Die
herinnering aan die stem uit die hemel en die neerdaling van die duif,
die vlekkelose reinheid van Jesus, die krag van die Heilige Gees op
Johannes toe hy in die Heiland se teenwoordigheid gekom het, en
die getuienis van die profetiese geskrifte — dit alles het getuig dat
Jesus van Nasaret die Beloofde Een was.
Johannes wou nie sy angs en twyfel met sy dissipels bespreek
nie. Hy het besluit om boodskappers na Jesus te stuur en navraag
te doen. Hy het twee van sy dissipels gestuur, hopende dat hulle
onderhoud met Jesus hulle geloof sou versterk, en versekering aan
hulle broeders sou gee. Ook het hy verlang na ’n woord van Christus
persoonlik aan hom. Die dissipels het na Jesus gegaan met die vraag:
[215]
Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?”
n Kort rukkie tevore nog het Johannes na Jesus gewys en gese,
Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”
Dit is Hy wat ná my kom, wat my vóór is.” Joh. 1: 29, 27. En nou
kom die vraag, “Is U die Een wat sou kom?” Dit was n bitter teleur-
stelling: As Johannes, die getroue voorloper, Christus se sending
nie verstaan het nie, wat kon dan verwag word van die soekende
menigte?
Die Heiland het nie sommer dadelik die dissipels se vraag be-
antwoord nie. Terwyl hulle verwonderd gestaan het oor Sy stilswye,
het die siekes na Hom toe gekom vir genesing. Blindes het voel-voel
hulle weg deur die skare gevind; siekes van alle klasse—sommige
het self aangesukkel en sommige is deur hulle vriende gedra het
probeer om in die teenwoordigheid van Jesus te kom. Die stem van
die magtige Geneesheer het die dowe ore deurdring. ’n Woord, ’n
aanraking met die hand, het blinde oë geopen om die daglig te sien,
die natuurtonele, die gesigte van vriende, en die aangesig van die