182
DIE KONING VAN DIE EEUE
vriende van ’n goeie mens is, en graag hulle getrouheid aan hom
wil betoon, inderwaarheid sy gevaarlikste vyande is! Hoe dikwels
ontmoedig hulle woorde hom pleks van sy geloof te versterk!
Net soos die dissipels van die Heiland, het ook Johannes nie die
aard van Christus se koninkryk verstaan nie. Hy het verwag dat Jesus
die troon van Dawid sou bestyg, en namate die tyd verbygegaan en
die Heiland geen aanspraak op die koningskap gemaak het nie, het dit
Johannes baie verbyster en ontstel. Hy het aan die mense verkondig
dat die profesie van Jesaja vervul moes word ten einde die weg van
die Here te berei; die berge en heuweis moet klein gemaak word; die
bulte moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word. Hy
het gemeen dat die hoogtes van menslike hoogmoed gelyk gemaak
moet word. Hy het na die Messias verwys as die Een met die wan
in die hand wat Sy dorsvloer sal reinig, die koring in Sy skuur sal
bring, en die kaf met onuitbluslike vuur sal verbrand. Net soos die
profeet Elia, in wie se gees en krag hy gekom het, het hy verwag dat
die Here Homself sou openbaar as die God wat met vuur antwoord.
In sy werk het die Doper die sonde op onverskrokke wyse ver-
odeel sowel in hoë as in lae kringe. Hy het selfs Koning Herodes
openlik bestraf oor sy sonde. Hy het nie sy lewe dierbaar geag sodat
hy sy sending kon volbring nie. En nou het hy daar in die gevangenis
gewag vir die Leeu uit die stam van Juda om die hoogmoed van die
[214]
verdrukker te verneder, en om die armes, en die wat in nood roep, te
verlos. Maar dit het gelyk asof Jesus heeltemal tevrede was om maar
dissipels te maak, en die mense te genees en te leer. Hy het geëet
aan die tafels van tollenaars, terwyl die Romeinse juk elke dag nog
swaarder gedruk het op Israel, terwyl Koning Herodes en sy min-
nares gemaak het wat hulle wou, en terwyl die armes en ellendiges
maar steeds tot die hemel geroep het.
Vir die woestynprofeet was dit alles dinge wat hy nie kon ver-
staan nie. Daar was tye wanneer die gefluister van demone sy gees
geteister, en die skaduwee van ’n verskriklike vrees hom beklem
het. Kon dit wees dat die langverwagte Verlosser nog nie verskyn
het nie? Maar wat sou dan die boodskap beteken het wat hy self
verkondig het? Johannes was bitter teleurgestel in die uitslag van sy
sending. Hy het verwag dat die boodskap van God dieselfde uitwer-
king sou hê as toe die wet voorgelees is in die dae van Josia en Esra
(2
Kronieke 34, Nehemia 8, 9); dat daar n opregte bekering tot God