Page 185 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Gevangeskap en Dood van Johannes
JOHANNES die Doper was die eerste wat die koninkryk van
Christus aangekondig het, en hy was die eerste wat daarvoor geiy het.
Waar hy eers in die vrye lug van die woestyn beweeg het, en waar
hy groot skares geboei het, het hy nou tussen die vier mure van n sel
opgesluit gesit. Hy was ’n gevangene in die fort van Herodes, die
viervors. In die landstreek oos van die Jordaan, wat onder Herodes
was, het Johannes die meeste van sy werk gedoen. Herodes self het
na die prediking van die Doper geluister. Die losbandige koning
het gesidder onder die oproep tot bekering. “Herodes was bang vir
Johannes, omdat hy wis dat hy ’n reg- verdige en heilige man was, .
. .
en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag
na hom geluister.” Johannes het eerlik met hom gehandel, en hom
bestraf vir sy verbintenis met Herodias, sy broer se vrou. Vir ’n tyd
het Herodes probeer om die ketting van wellus te verbreek wat hom
gebind het; maar Herodias het hom nog vaster gebind in haar strikke,
en sy het haarseif op Johannes gewreek deur Herodes te beweeg om
hom in die gevangenis te werp.
[213]
Johannes was ’n baie ywerige werker, en die feit dat hy nou in
die gevangenis moes stil sit, het swaar op hom gedruk. Namate die
weke verbygegaan het sonder om ’n verandering te bring, het hy
baie neer- slagtig en twyfelmoedig geword. Sy dissipels het hom nie
verlaat nie. Hulle is toegelaat om hom in die gevangenis te besoek,
en hulle het hom vertel van die werk van Jesus, en hoe die mense na
Hom toe gestroom het. Maar hulle kon nie verstaan waarom hierdie
nuwe leraar, as Hy die Messias was, niks gedoen het om Johannes
te verlos nie. Hoe kon Hy toelaat dat Sy getroue voorloper van sy
vryheid, en moontlik ook van sy lewe, beroof word?
Hierdie vrae was nie sonder uitwerking nie. Twyfel wat andersins
miskien nooit sou ontstaan het nie, het nou by Johannes opgekom.
Die Satan was bly toe hy die woorde van hierdie dissipels hoor, en
sien hoe hulle die siel van die Here se boodskapper verwond het.
Hoe dikwels het dit al gebeur dat diegene wat dink dat hulle die
181