180
DIE KONING VAN DIE EEUE
“
As julle Moses geglo het,” het Jesus gesê, “sou julle My glo,
want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe
sal julle My woorde glo?” Dit was Christus wat tot Israel gespreek
het deur Moses. As hulle na die goddelike stem sou geluister het
wat deur hulle groot leier gespreek het, sou hulle daarin die leer van
Christus herken het. As hulle Moses geglo het, sou hulle Hom geglo
het van wie Moses geskryf het.
Jesus het geweet dat die priesters en rabbi’s vasbeslote was om
Hom om die lewe te bring; maar nogtans het Hy duidelik Sy eenheid
met die Vader verklaar, en Sy verhouding tot die wêreld. Hulle het
gesien dat hulle geen verskoning gehad het vir hulle teenstand teen
Hom nie, maar nogtans kon die vlam van hulle haat nie geblus word
nie. Hulle was vreesbevange waar hulle die oortuigende krag gesien
het wat Sy bediening gekenmerk het; maar hulle het Sy oproepe
weerstaan en hulleself met die duisternis omsluit.
Dit het hulle nie geluk om die gesag van Jesus te ondermyn,
of om die respek en aandag van die volk van Hom af te wend nie
—
baie van hulle was oortuig deur Sy woorde. Die owerstes self
het veroordeel gevoel waar Hy hulle tot ’n skuldbesef gebring het,
maar dit het hulle nog meer verbitterd teen Hom gemaak. Hulle was
gedetermineerd om Hom dood te maak. Hulle het boodskappers deur
die hele land gestuur om die mense te waarsku dat Jesus ’n bedrieër
is. Spioene is aangesê om Hom dop te hou en Sy doen en late te
rapporteer. Die dierbare Heiland het nou gewis in die skaduwee van
die kruis gestaan.
[212]