Betesda en die Sanhedrin
179
nie aanneem nie; om hulleself te regverdig, het hulle probeer bewys
dat Hy ’n bedrieër was. Nadat hulle eers hierdie weg ingeslaan het,
was dit baie maklik vir die Satan om hulle teenstand teen Christus te
versterk. Die woorde wat hulle moes aangeneem het as bewys van
Sy Godheid, het hulle teen Hom gebruik. Op hierdie wyse het hulle
die waarheid van God in ’n leuen verander, en hoe duideliker die
Heiland tot hulle gespreek het deur Sy werke van genade, hoe meer
het hulle volhard in hulle weerstand teen die lig.
Jesus het gesê, “Eer neem Ek van die mense nie aan nie.” Dit was
nie die invloed van die Sanhedrin, of die goedkeuring daarvan, wat
Hy begeer het nie. Hulle goedkeuring sou vir Hom geen eer gewees
het nie. Hy was beklee met die eer en gesag van die Hemel. As Hy
dit begeer het, sou engele uit die hemel gekom het om Hom hulde
te betoon; die Vader sou weer getuig het van Sy Godheid. Maar vir
hulle eie ontwil, vir die ontwil van die volk onder wie hulle as leiers
gedien het, wou Hy hê dat die Joodse leiers Sy karakter moes sien,
en die seëninge moes ontvang wat Hy aan hulle gebring het.
“
Ek het gekom in die Naam van My Vader, en julle neem My
nie aan nie. As ’n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle
aanneem.” Jesus het op gesag van God gekom; Hy het Sy beeid
gedra, Sy Woord vervul, en Sy eer gesoek; maar nogtans is Hy nie
deur die leiers van Israel aangeneem nie; maar as ander sou kom
en hulle as Christus voordoen, uit hulle eie wil, en soekende hulle
eie eer, sou hulle aange neem word. En hoekom? Omdat hy wat
[211]
sy eie heerlikheid soek aanklank vind in die harte van diegene wat
selfverheffing begeer. Na sulke mense sou die Jode luister. Hulle sou
die valse leraar aanneem omdat hy hulle hoogmoed sou streel deur
hulle geliefkoosde opinies en tradisies te beaam. Maar die leer van
Christus het nie ooreengestem met hulle idees nie. Dit was geestelik,
en het die opoffering van die eie-ek geverg; daarom wou hulle dit
nie aanneem nie. Hulle het God nie geken nie, en vir hulle was Sy
stem deur Christus soos die stem van ’n vreemde.
Word dieselfde soort ding nie in ons tyd herhaal nie? Is daar nie
vele nie, veral godsdienstige leiers, wat hulle harte teen die Heilige
Gees verhard sodat dit vir hulle onmoontlik is om die stem van God
te herken? Verwerp hulle nie die Woord van God, sodat hulle hulle
eie tradisies kan bewaar nie?