178
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hulle kon Hom nie veroordeel nie. Hy het die reg van die priesters
en rabbi’s betwyfel om Hom tot verantwoording te roep, en hulle met
Sy werk in te meng. Hulle het geen gesag gehad om dit te doen nie.
Hulle aansprake het berus op hulle eie hoogmoed en verwaandheid.
Hy het geweier om skuldig te pleit op hulle aanklagte, of om deur
hulle berispe te word.
Pleks van verskoning te vra vir die daad waaroor hulle gekla het,
of om te verduidelik waarom Hy dit gedoen het, het Jesus die ower-
stes beskuldig, en die aangeklaagde het nou die klaer geword. Hy
het hulle bestraf oor die hardheid van hulle harte, en hulle onkunde
aangaande die Skrifte. Hy het verklaar dat hulle die Woord van God
verwerp het omdat hulle Hom wat deur God gestuur is, verwerp het.
“
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die
ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig.” Joh. 5: 39.
Elke bladsy van die Ou Testament, of dit geskiedenis, poësie,
voor- skrif, of profesie was, het gestraal van die heerlikheid van die
Seun van God. Die hele Joodse stelsel, sover as dit ’n instelling van
God was, was ’n bondige profesie van die evangelie. Aangaande
Christus het “al die profete” “getuig” (Hand. 10:43). Van die belofte
wat aan Adam gegee is, deur die patriargale linie en in die regspraak,
het die heerlike lig van die hemel die spore van die Verlosser aan-
gewys. Sieners het die Ster van Betlehem gesien, die Silo wat sou
kom, namate die toekomstige dinge aan hulle geopenbaar is. Elke
offerande het gewys op die dood van Christus. In elke wolk van wie-
rook het Sy geregtigheid opgestyg. Elke keer as op die ramshoring
[210]
geblaas is, is Sy Naam gehoor. In die ontsaginboesemende misterie
van die allerheiligste plek het Sy heerlikheid gewoon.
Die Jode het die Skrifte in hulle besit gehad, en hulle het gedink
dat hulle in ’n bloot uiterlike kennis van die Woord die ewige lewe
gehad het. Maar Jesus het gesê, “Julle het nie Sy woord as iets
blywends in julle nie.” Daar hulle Christus in Sy Woord verwerp het,
het hulle Hom ook as persoon verwerp. “Julie wil nie na My kom
om die lewe te hê nie,” het Hy gesê.
Die Joodse leiers het die geskrifte van die profete aangaande die
koninkryk van die Messias ondersoek, maar hulle het dit gedoen nie
met ’n opregte begeerte om die waarheid te ken nie, maar met die
doel om bewyse te vind vir hulle trotse hoop. Toe Christus gekom
het op ’n manier anders as wat hulle gemeen het, wou hulle Hom