Betesda en die Sanhedrin
177
siel. Vanaf die begin van die groot stryd in die hemel, het die Satan
voortgegaan met bedrog, en Christus het gewerk om sy planne aan
die kaak te stel en sy mag te breek. Dit is Hy wat die bedrieër beveg
het, en wat deur die eeue die gevangenes uit sy mag bevry het, en
wat elke siel sal oordeel.
En God het aan Hom “mag gegee om ook te oordeel, omdat
Hy die Seun van die mens is. Omdat Hy in die diepste ellende en
ver- soeking van die mens gedeel het, en die swakhede en sondes
van mense verstaan; omdat Hy ten behoewe van die mens die ver-
soekings van die Satan oorwin het; en omdat Hy met ontferming sal
handel met die siele vir wie Hy Sy bloed gestort het, daarom is die
Seun van die mens aangestel om te oordeel.”
Maar Christus se sending was nie om te oordeel nie, maar om te
red. “God het Sy Seun in die wereld gestuur nie om die wêreld te
oordeel nie, maar dat die wereld deur Hom gered kan word.” Joh. 3:
17.
En voor die Sanhedrin het Jesus gesê, “Wie My woord hoor en
Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die
oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.” Joh. 5: 24.
Christus het aan Sy toehoorders gesê om hulle nie te verwonder
nie, en toe het Hy die gordyn van die toekoms nog ’n bietjie verder
wegge- trek. “Daar kom ’n uur,” het Hy gesê, “wanneer almal wat in
die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan—die wat goed gedoen
het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het,
tot die opstanding van die veroordeling.” Joh. 5: 28, 29.
[209]
Hierdie versekering aangaande die toekomstige lewe — dit was
waarop Israel so lank gewag het, en wat hulle verwag het om te
verkry by die koms van die Messias. Die enigste lig wat die duisternis
van die graf kan verlig, het op hulle geskyn. Maar eiesinnigheid is
blind. Jesus het die tradisies van die rabbi’s oortree en hulle gesag
veronag- saam, en hulle wou nie glo nie.
Die tyd, die plek, die okkasie, die erns van die vergadering —
alles het bygedra om die woorde van Jesus voor die Sanhedrin nog
meer indrukwekkend te maak. Die hoogste godsdienstige gesag
van die volk het die lewe gesien van Hom wat gesê het dat Hy die
redder van Israel was. Die Here van die Sabbat het aangekla gestaan
voor ’n aardse hof dat Hy die Sabbatswet oortree het. Toe Hy so
onverskrokke Sy sending verduidelik het, het Sy regters Hom met
verbasing en woede bejeën; maar hulle kon Hom nie antwoord nie.