Page 180 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

176
DIE KONING VAN DIE EEUE
die grootste werke van Sy Vader die opwekking van die dode is, en
dat Hy self ook mag het om daardie werk te doen. “Daar kom n uur,
en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal
hoor; en die wat dit gehoor het sal lewe. Die Fariseërs het geglo in
die opstanding van die dode.” Christus het verklaar dat die mag wat
lewe aan die dode gee, toe reeds in hulle midde was, en hulle sou die
openbaring daarvan sien. Dit is hierdie selfde opwekkingskrag wat
lewe aan die siel gee wat “dood was deur die misdade en die sondes.”
Efe. 2:1. Daardie gees van die lewe in Christus Jesus, “die krag van
Sy opstanding,” maak mense vry “van die wet van die sonde en die
dood.” Filip. 3: 10; Rom. 8: 2. Die heerskappy van die sonde word
verbreek, en deur die geloof word die siel bewaar van die sonde. Die
een wat sy hart oopstel vir die Gees van Christus word n deelgenoot
van daardie krag wat sy liggaam sal voortbring uit die graf.
Die nederige Nasarener het Sy ware edelmoedigheid getoon.
Hy verhef Hom bokant die mensdom, Hy gooi die mantel van die
sonde en skande af, en staan geopenbaar, die mees geëerde onder
die engele, die Seun van God, een met die Skepper van die heelal.
Sy toehoorders was betower. Geen mens het nog ooit woorde soos
syne gespreek, of hom met sulke koninklike majesteit gedra nie. Sy
woorde was duidelik en verstaanbaar, en het Sy sending en die plig
van die wêreld duidelik verklaar. “Die Vader oordeel ook niemand
nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die
Seun mag eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie,
eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie. . . . Want soos die Vader
lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in
Homself te hê. En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat
[208]
Hy die Seun van die mens is.”
Die priesters en owerstes het hulleself gestel as regters om Chris-
tus se werk te veroordeel, maar Hy het gesê dat Hy hulle regter is, en
die regter van die hele aarde. Die wêreld is aan Christus oorgegee, en
deur Hom het die seëninge van God na die gevalle mensdom gevloei.
Hy was hulle Verlosser net sowel vóór as ná Sy vleeswording. Sodra
die sonde ontstaan het, was daar ook ’n Verlosser. Hy het die lig en
die lewe aan almal gegee, en volgens die mate van lig wat gegee
is, so sal elkeen geoordeel word. En Hy wat die lig gegee het, Hy
wat die siel agtervolg het met genade, soekende om hom te win van
sonde tot heiligheid, is terselfdertyd voorspraak en regter van die