Page 179 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Betesda en die Sanhedrin
175
ste en mees bedrewe manne was beskikbaar om sy aanwysings uit
te voer. Nogtans moes hy nie ’n klok, granaat, klossie, fraaiing, of
gordyn, of enige ander voorwerp in die tabernakel maak dan alleen
volgens die patroon wat aan hom getoon is nie. God het Moses na
Hom toe op die berg geroep, en daar aan hom die hemelse dinge
geopenbaar. Die Here het hom met sy eie heerlikheid bedek, sodat
hy die patroon kon sien, en daarvolgens is alles gemaak. En so ook
aan Israel in wie God graag wou woon, het Hy die heerlike karak-
ter-ideaal geopenbaar. Die patroon is aan hulle getoon op die berg
toe die wet op Sinai gegee is, en toe die Here voor Moses verbyge-
gaan en uitgeroep het, “Here, Here, ’n barmhartige en genadige God,
lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goeder-
tierenheid hou vir dui- sende, wat ongeregtigheid en oortreding en
sonde vetgewe.” Exod. 34: 6, 7.
Israel het hulle eie weë gekies. Hulle het nie gebou volgens die
patroon nie; maar Christus, die ware tempel vir Gods inwoning, het
elke besonderheid van Sy aardse lewe gereël in ooreenstemming met
Gods ideaal. Hy het gesê: “Ek het lus, o My God, om U welbehae te
doen, en U wet is binne-in My ingewande.” Ps. 40: 9. So moet ons
karakters ook gebou word “tot ’n woning van God in die Gees.” Efe.
2: 22.
So moet ons alles maak “volgens die voorbeeld,” ja van Hom
wat vir ons gely het “en ’n voorbeeld vir julle nagelaat het, sodat
julle Sy voetstappe kan navolg.” Heb. 8: 5; 1 Pet. 2: 21.
Die woorde van Christus leer ons dat ons ons moet beskou as
onafskeidelik verbind met ons Vader in die hemel. Wat ons posisie
ook al is, ons is afhanklik van God in wie se hande ons lotsbestem-
ming is. Hy het ons werk aan ons gegee, en ons met die vermoëns
en mid dels toegerus vir daardie werk. Solank as ons ons oorgee aan
[207]
die wil van God, en op Hom vertrou vir krag en wysheid, sal ons
gelei word in veilige paaie om ons aangewese deel te doen in Sy
groot plan. Maar die een wat op sy eie wysheid en krag vertrou, is
besig om homself af te skei van God. Pleks van saam met Christus
te werk, werk hy saam met die vyand van God en mens.
Die Heiland het voortgegaan, “Want alles wat Hy [die Vader]
doen, dit doen die Seun ook net so. . . . Want soos die Vader die
dode opwek en lewendig maak, so maak ook die Seun lewendig wie
Hy wil.” Die Sadduseërs het geleer dat daar geen opstanding van
die liggaam sou wees nie; maar Jesus het aan hulle gesê dat een van