174
DIE KONING VAN DIE EEUE
en daardeur bewys dat hulle besef het dat Hy die aanspraak in die
hoogste sin gemaak het.
Hierdie teenstanders van Christus het geen argumente gehad teen
die waarhede wat Hy hulle aan die verstand gebring het nie. Hulle
kon net hulle gebruike en tradisies aanhaal wat swak en flou was
ver- geleke met die wat Jesus uit die Woord aangevoer het, en uit
die einde- lose werking van die natuur. As die rabbi’s enige begeerte
gehad het om lig te ontvang, sou hulle oortuig gewees het dat Jesus
die waarheid gepraat het. Maar hulle het Sy punte oor die Sabbat
laat links lê, en getrag om woede teen Hom op te wek omdat Hy
aanspraak gemaak het op gelykheid aan God. Die woede van die
owerstes het geen perke geken nie. As hulle nie bang was vir die
mense nie, sou die priesters en rabbi’s Jesus sommer daar en dan
doodgemaak het. Maar die openbare gevoel ten gunste van Hom was
sterk. Vele het in Jesus die vriend gesien wat hulle kwale genees en
hulle vertroos het, en hulle het Sy genesing van die sieke te Betesda
geregverdig. So moes die leiers vir ’n tyd hulle haat bedwing.
Jesus het die beskuldiging van godslastering verwerp. My gesag,
het Hy gesê, vir die werk waarvoor julle My beskuldig het, is dat
Ek die Seun van God is, een met Hom in natuur, in wil, en in doel.
In al Sy werke van die skepping en die voorsienigheid, werk Ek
saam met God. “Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy
die Vader dit sien doen nie.” Die priesters en rabbi’s het die Seun
van God tot verantwoording geroep omdat Hy die werk gedoen het
waarvoor Hy opsetlik na die wêreld gestuur is. Deur hulle sondes
het hulle hulleself afgeskei van God, en in hulle hoogmoed het hulle
onafhanklik van Hom gehandel. Hulle het selfvoldaan gevoel oor
alle dinge, en hulle het geen behoefte gevoel aan ’n hoër wysheid
[206]
om hulle te lei nie. Maar die Seun van God het Homself oorgegee
aan Sy Vader se wil en Hy was afhanklik van Sy krag. So volkome
was Christus ontledig van die eie-ek dat Hy geen planne gemaak het
vir homself nie. Hy het Gods planne vir Hom aangeneem, en dag na
dag het die Vader Sy planne geopenbaar. So moet ons ook op God
vertrou, sodat ons lewens die eenvoudige uitwerking van Sy wil sal
wees.
Voordat Moses die heiligdom gebou het as woonplek van God,
is hy beveel om alles te maak volgens die patroon wat aan hom op
die berg getoon is. Moses was vol ywer vir Gods werk; die talentvol-