Page 177 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Betesda en die Sanhedrin
173
As dit die geval sou wees, sou die mense die vrugte van die
aarde mis, asook die seëninge wat die lewe aangenaam maak. Die
natuur moet met sy werking voortgaan. God kan nie vir een oomblik
Sy hand terughou nie, of die mens sou beswyk en sterf. En die
mens het n werk om te doen op hierdie dag. Hy moet omsien na
die benodighede van die lewe, die siekes moet versorg word, en
daar moet voorsien word in die behoeftes van diegene wat behoeftig
is. Diegene wat nalaat om lyding op die Sabbat te verlig, sal nie
onskuldig wees nie, Gods heilige rusdag is vir die mens gemaak,
en dade van genade is heeltemal in ooreenstemming met die doel
daarvan. God wil nie hê dat Sy skepsels selfs vir een uur moet ly as
die lyding op die Sabbatdag of enige ander dag verlig kan word nie.
Die beroepe op God is op die Sabbatdag groter as op ander
dae. Sy kinders staak hulle gewone werk, en bestee die tyd aan
oorpeinsing en aanbidding. Hulle vra Hom meer gunste op die
Sabbat as op ander dae. Hulle vra om Sy spesiale aandag. Hulle
verlang na Sy beste seëninge. God wag nie vir die Sabbat om verby
te gaan voordat Hy hierdie versoeke toestaan nie. Die werk van
die Hemel hou nooit op nie, en die mens moet nooit rus van sy
goeie werke nie. Die Sabbat was nie bedoel as ’n tyd vir ledigheid
nie. Die wet verbied sekulêre werk op die rusdag van die Here; die
werk om ’n bestaan moet ophou; geen werk vir wêreldse plesier
of vir profyt is geoorloof op daardie dag nie; maar net soos God
Sy skeppingswerk gestaak het en op die Sabbat gerus en dit geseën
het, so moet die mens ook sy daelikse werk staak en die heilige
ure bestee aan gesonde rus, aanbidding, en heilige dade. Die werk
[205]
van Christus, toe Hy die sieke gesond gemaak het, was in volkome
ooreenstemming met die wet. Dit het die Sabbat geëer.
Jesus het aanspraak gemaak op gelyke regte met God in die werk
van gelyke aard en van dieselfde karakter as die wat die Vader in die
hemel doen. Maar dit het die Fariseërs nog meer gebelg. Nie alleen
het Hy die wet gebreek soos hulle gemeen het nie, maar deur God
Sy eie Vader” te noem, het Hy gesê dat Hy “gelyk aan God was.”
Joh. 5: 18.
Die Joodsc volk het God hulle Vader genoem, en hulle sou nie so
kwaad geword het as Christus net aanspraak op daardie verhouding
gemaak het nie. Maar hulle het Hom van godslastering beskuldig