172
DIE KONING VAN DIE EEUE
verhoog. Die Skrif sê, “Hy sal nie dof brand of geknak word totdat
Hy die reg op die aarde gegrond het nie.” Jes. 42: 21, 4. Hy het
gekom om die Sabbat te bevry van daardie lastige bepalings wat dit
’
n vloek pleks van ’n seën gemaak het.
Dit was om hierdie rede dat Hy die Sabbat gekies het om die
man by Betesda gesond te maak. Hy kon daardie siek man net so
goed op enige ander dag van die week genees het, of Hy kon hom
maar net genees het sonder om hom te beveel om sy bed met hom
saam te dra. Maar dit sou Hom nie die kans gegee het waarna Hy
gesoek het nie. Daar was ’n wyse doel in elke daad van Christus se
lewe op aarde. Alles wat Hy gedoen het, was op sigself belangrik, en
ook die les wat dit geleer het. Onder die siekes by die bad het Hy die
ergste geval uitgesoek om Sy krag van gesondmaking te beoefen, en
Hy het die man beveel om sy bed deur die stad te dra om die groot
wonder wat vir hom gedoen is, rugbaar te maak. Dit sou die vraag
laat ontstaan van presies wat op die Sabbat geoorloof was, en dit sou
die weg open vir Hom om die beperkings van die Jode op die dag
van die Here te veroordeel, en hulle tradisies nietig te verklaar.
Jesus het aan hulle gesê dat die werk om die lyding van siekes te
verlig heeltemal in ooreenstemming is met die wet van die Sabbat.
Dit was in ooreenstemming met die werk van Gods engele wat
gedurig opgaan en neerdaal tussen die hemel en die aarde as dienaars
van die lydende mensdom. Jesus het gesê, “My Vader werk tot nou
toe, en Ek werk ook.” Alle dae behoort aan God om Sy planne uit
te werk vir die mens. As die Joodse verklaring van die wet reg was,
[204]
dan sou God verkeerd wees, want Hy het alles in stand gehou van
die skepping af; Hy wat gesê het dat alles wat Hy gemaak het goed
was, en die Sabbat ingestel het om die voltooiing van die skepping
te herdenk, sal Sy werk moet staak en die nimmereindigende roetine
van die heelal moet stopsit.
Moet God die son belet om op die Sabbat te skyn, of sy strale
afsny om nie die aarde te verwarm en die plantegroei te verkwik
nie? Moet die hele stelsel van wêrelde stilstaan op daardie heilige
dag? Moet Hy die strome belet om die velde en woude te besproei,
en moet Hy die bare van die see gebied om stil te wees? Moet die
koring en mielies ophou om te groei, en moet die vrugte nie ryp
word nie? Moet die bome en die blomme nie bloei op die Sabbat
nie?