Betesda en die Sanhedrin
171
In een van die vroegste profesieë oor Christus is daar geskryf:
“
Die septer sal van Juda nie wyk nie, nog die veldheerstaf tussen sy
voete uit totdat Silo kom; en Hom sal die volke gehoorsaam wees.”
Gen. 49: 10. Die mense het hulle om Christus geskaar. Die simpa-
tieke harte van die skare het die lesse van liefde en welwillendheid
aangeneem in stede van die onbuigbare seremonies deur die pries-
ters vereis. As die priesters en rabbi’s hulle nie met die saak bemoei
het nie, sou Sy leer so ’n grondige reformasie teweeggebring het
soos die wêreld nog nooit gesien het nie. Maar om hulle eie gesag
te handhaaf, het hierdie leiers besluit om die invloed van Jesus te
verbreek. Sy daging voor die Sanhedrin, en ’n openbare veroordeling
van Sy leer, sou hulle help om hulle doel te bereik, want die volk
het nog groot eerbied gehad vir hulle godsdienstige leiers. Wie ook
al gewaag het om die rabbynse vereistes te minag, of om die laste
te versag wat hulle die volk opgelê het, is beskou as skuldig, nie
alleen aan godslastering nie, maar ook aan verraad. Op hierdie grond
het die rabbi’s gehoop om agter- dog teen Jesus te verwek. Hulle
het Hom voorgestel as iemand wat besig was om die gevestigde
gebruike te vernietig, wat die volk verdeel het en die weg geopen
het vir hulle onderwerping deur die Romeine.
Maar die planne wat hierdie rabbi’s so ywerig besig was om te
vervul, het ontstaan in ’n gans ander raad as die van die Sanhedrin.
Nadat dit die Satan misluk het om Christus te oorwin in die woestyn,
het hy sy magte saamgetrek om Hom te beveg in Sy bediening, en
indien moontlik, om Sy werk te dwarsboom. Wat hy nie kon regkry
deur regstreekse persoonlike aanvalle nie, het hy probeer doen deur
[203]
ander metodes. Onmiddellik nadat hy hom onttrek het aan die stryd
in die woestyn, het hy in oorleg met sy engele planne gemaak om
die verstand van die Joodse volk nog verder te benewel om nie
hulle Verlosser te herken nie. Hy sou deur sy menslike werktuie
optree in die godsdienstige wêreld deur hulle te besiel met sy eie
vyandigheid teen die kampvegter vir die waarheid. Hy sou hulle
beweeg om Christus te verwerp en om Sy lewe so bitter moontlik te
maak, hopende om Hom in Sy werk te ontmoedig. En die leiers van
Israel het werktuie geword van die Satan deur teen hulle Verlosser
te veg.
Jesus het gekom om “die onderwysing groot en heerlik te maak.”
Hy sou nie die waardigheid daarvan verminder nie, maar dit eerder