170
DIE KONING VAN DIE EEUE
eie reëls hulle nie toegelaat het om vir hulleself te doen nie. Hulle
het nie daaraan gedink dat as hierdie dade sondig was, diegene wat
ander gekry het om dit te doen, net so skuldig was asof hulle die
werk self gedoen het nie. Hulle het gedink dat die saligheid net vir
die Jode was, en dat die posisie van alle ander mense, omdat hulle
alreeds hopeloos was, nie erger kon word nie. Maar God het geen
gebooie gegee wat nie deur almal gehoorsaam kan word nie. Sy
wette gee geen toestemming tot onredelike of selfsugtige bepalings
nie.
In die tempel het Jesus die man ontmoet wat Hy genees het. Hy
het gekom om ’n sondoffer te bring, en ook ’n dankoffer vir die groot
genade wat aan hom betoon is. Toe Hy hom daar onder die aanbid-
ders sien, het Jesus Homself bekendgestel met die waarskuwing,
“
Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie
iets ergers met jou gebeur nie.” Die geneesde man was oorstelp van
vreugde toe hy sy Verlosser sien. Onwetend van hulle vyandigheid
teenoor Jesus, het hy aan die Fariseërs gesê wat hom ondervra het,
dat dit hierdie man is wat hom gesond gemaak het. “Hieroor het die
Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit
op die Sabbat gedoen het.”
Jesus is voor die Sanhedrin gebring op aanklag dat Hy die Sabbat
geskend het. As die Jode op hierdie tyd ’n onafhanklike volk was,
sou hulle Hom op hierdie aanklag tot die dood kon veroordeel het.
Maar omdat hulle aan die Romeine onderworpe was, kon hulle dit
nie doen nie. Die Jode het geen mag gehad om die doodvonnis uit
te voer nie, en die beskuldigings wat hulle teen Jesus ingebring het,
[202]
sou geen krag gehad het in ’n Romeinse hof nie. Maar hulle het
gestrewe na ’n ander doelwit. Ondanks hulle pogings om Hom teen
te werk, het Christus selfs in Jerusalem groter invloed onder die volk
begin kry as hulle. Menigtes wat geen belang gestel het in die stryery
van die rabbi’s nie, het aangetrokke gevoel tot Jesus deur Sy leer.
Hulle kon Sy woorde verstaan, en hulle harte is verkwik en vertroos.
Hy het God voorgestel, nie as ’n wraaksugtige regter nie, maar as
’
n barmhartige Vader, en Hy self het die beeld van God weerkaats.
Sy woorde was soos balsem vir hulle verwonde gees. Beide deur
Sy woorde en Sy werke van genade het Hy die verdrukkende mag
van die ou tradisies en menslike gebooie verbreek, en die grenslose
liefde van God in sy volheid voorgestel.