Betesda en die Sanhedrin
169
jy gesond is nie. Glo Sy woord en dit sal vervul word. Plaas u wil
aan die kant van Christus. Besluit om Hom te dien, en waar u op
Sy woord handel, sal u krag ontvang. Wat ook al die sonde is, sal
die bande wat so lank jou siel en liggaam gebind het, deur Christus
verbreek word om jou te verlos. Hy sal lewe gee aan die siel wat
“
dood was deur die misdade.” Efe. 2:1. Hy sal die gevangene vrylaat
wat in swakheid deur die bande van die sonde gebind is.
Die gekeesde lamme het gebuk om sy bed op te tel, wat bestaan
het uit n matjie en kombers, en toe hy weer orent kom met ’n gevoel
van vreugde, het hy omgekyk na sy Verlosser, maar Jesus het onder
die skare verdwyn. Die man het gevrees dat hy Hom nie weer sou
herken as hy Hom sien nie. Toe hy daar wegstap met ferme tred,
lowende God in sy nuwe krag, het hy n hele paar van die Fariseërs
teëgekom, en hulle dadelik vertel van sy genesing. Hy was verbaas
oor die kilheid waarmee hulle na sy storie geluister het.
Met fronsende winkbroue het hulle hom in die rede geval en
gevra waarom hy sy bed op die Sabbat dra. Streng het hulle hom
daaraan herinner dat dit nie wettig was om laste te dra op die dag van
die Here nie. In sy blydskap het die man vergeet dat dit die Sabbat
was, maar nogtans het hy nie veroordeel gevoel omdat hy die bevel
gehoorsaam het van die Een wat sulke krag van God geopenbaar
het nie. Onbe- vrees het hy geantwoord, “Hy wat my gesondgemaak
het, Hy het vir my gesê. Neem jou bed op en loop.” Hulle het toe
gevra wie dit was wat dit gedoen het, maar hy kon nie se nie. Hierdie
owerstes het geweet dat daar net Een was wat hierdie wonderwerk
kon gedoen het, maar hulle wou regstreekse bewys hê dat dit Jesus
[201]
was, sodat hulle Hom kon veroordeel as ’n Sabbatskender. Volgens
hulle mening het Hy nie alleen die wet oortree deur op die Sabbat ’n
man te genees nie, maar Hy het Homself ook skuldig gemaak aan
heiligskennis deur hom te beveel om sy bed te dra.
Die Jode het die wet so verdraai dat dit ’n swaar juk geword het.
Hulle onsinnige bepalings was iets waarmee ander volke die spot
ge- dryf het. Veral was die Sabbat omhein met allerhande lastige
bepalings. Vir hulle was die heilige dag van die Here nie ’n verlus-
tiging nie. Die Fariseërs en skrifgeleerdes het die viering van die
Sabbat ’n ondraaglike las gemaak. Vir ’n Jood was dit nie geoorloof
om ’n vuur of ’n kers aan te steek op die Sabbat nie, en gevolglik
was die mense afhanklik van die heidene vir baie werkies wat hulle