Page 172 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

168
DIE KONING VAN DIE EEUE
in die water te plaas nie. Hy het al met vorige kere die roering van
die water gesien, maar hy kon nooit verder kom as die kant van die
water nie. Ander wat sterker was as hy, het voor hom ingespring.
Hy kon nie met sukses meeding met die selfsugtige, aanstormende
menigte nie. Sy pogings, en sy angs en teleurstelling, het sy laaste
bietjie kraggies uitgeput.
Die siek man het op sy mat gelê en so nou en dan na die
water gekyk, toe ’n tere, ontfermende gesig oor hom buig met die
woorde,Wil jy gesond word?” Daar het weer hoop in sy hart gekom.
Hy het gevoel dat hy, hoe ook al, gaan hulp kry. Maar hy het gou
weer moedeloos gevoel. Hy het onthou hoe dikwels hy al probeer
het om die water te bereik, en nou het hy maar min hoop gehad om
te lewe totdat die water weer geroer word. Moeg het hy geantwoord,
Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer
word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.”
Jesus het nie hierdie lyer gevra om geloof in Hom te hê nie. Hy
het eenvoudig gesê, “Staan op, neem jou bed op en loop.” Maar die
man se geloof het op daardie bevel gereageer. Elke senuwee en spier
het getril met nuwe lewe, en krag het gekom in sy verlamde bene.
Sonder om teë te praat, het hy sy wil in werking gebring om die bevel
van Christus te gehoorsaam, en al sy spiere het sy wil gehoorsaam.
Hy het opgespring en gevind dat hy n gesonde man was.
Jesus het hom geen versekering van goddelike hulp gegee nie.
Daardie man kon bly lê en twyfel, en sy enigste kans om gesond te
word, verbeur. Maar hy het Christus se woord geglo, en deur daarop
te handel, het hy krag ontvang.
[200]
Deur dieselfde geloof kan ons geestelike genesing verkry. Deur
die sonde is ons afgesny van die lewe van God. Ons siele is verlam.
Van onsself is ons net so magteloos om ’n heilige lewe te lei as daar-
die lam man was om te loop. Daar is vele wat hulle hulpeloosheid
besef, en wat verlang na daardie geestelike lewe wat hulle in oor-
eenstemming met God sal bring; hulle probeer tevergeefs om dit te
verkry. In wanhoop roep hulle uit, “Ek, ellendige mens! wie sal my
verlos van die liggaam van hierdie dood?” Rom. 7:24. Laat daardie
moedelose, worstelende mense na omhoog kyk. Die Verlosser buig
neer oor die eiendom wat Hy met Sy bloed gekoop het, en Hy sê
met die grootste ontferming, “Wil jy gesond word?” Hy beveel jou
om op te staan in gesondheid en vrede. Moenie wag om te voel dat