Page 171 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Betesda en die Sanhedrin
EN daar is in Jerusalem by die Skaappoort ’n bad met vyf
pilaar- gange wat in Hebreeus Betesda genoem word. Daarin het ’n
groot menigte van siekes gelê: blindes en kreupeles en lammes wat
vir die roering van die water gewag het.”
Met sekere tye was daar n roering in die water van hierdie bad, en
daar is algemeen geglo dat dit op bonatuurlike wyse geskied het, en
dat die een wat eerste in die water gegaan het ná die roering, genees
sou word van sy kwaal. Honderde lydendes het die plek besoek.
Wanneer die roering in die water bespeur is, was die skare so groot
wat vorentoe beweeg het dat hulle die mans, vrouens, en kinders
wat swakker was, feitelik vertrap het. Baie kon nie eens naby die
bad kom nie. Baie wat wel daarin geslaag het om die bad te bereik,
het op die randjie van die water gesterf. Rondom die bad is skerms
opgerig om die siekes te beskut teen die hitte bedags en die koue
snags. Sommige het die nag in die gange deurgebring, en dag na dag
het hulle na die randjie van die water gekruip, hopende op genesing.
Jesus was weer in Jerusalem. Terwyl Hy alleen gestap het, pein-
sende en biddende, het Hy by die bad gekom. Hy het gesien hoedat
die arme siekes waggehou het vir wat hulle gemeen het hulle enigste
kans op genesing was. Hy het verlang om Sy krag van genesing te
gebruik en elke sieke gesond te maak. Maar dit was die Sabbatdag.
[199]
Skares het na die tempel gegaan om te aanbid, en Hy het geweet dat
as Hy hulle sou genees, dit die vooroordeel van die Jode sou opwek
en Sy werk sou beëindig.
Maar die Here het daar een baie treurige geval gesien. Dit was
n man wat vir agt-en-dertig jaar reeds hulpeloos verlam was. Sy
siekte was in ’n groot mate die gevolg van sy eie sonde, en dit was
beskou as ’n straf van God. Alleen en sonder vriende, voelende dat
hy uitgesluit was van Gods genade, het die lyer lange jare in eilende
deur- gebring. Met tye wanneer daar verwag is dat die roering in die
water sou kom, het ontfermende vriende hom in een van die poorte
gedra, maar op die regte oomblik het hy niemand gehad om hom
167