166
DIE KONING VAN DIE EEUE
vader se geloof die versekering aangeneem het, “U kind lewe,” dat
goddelike liefde die sterwende kind aan- geraak het.
Die vader het huis toe gehaas om sy kind te groet. Hy het hom
omhels soos een wat uit die dode opgewek is, en hy het God oor en
oor gedank vir hierdie wonderbare genesing.
Daardie koninklike beampte het verlang om Christus beter te
leer ken. Later, toe hy Christus se leer gehoor het, het hy en sy hele
gesin dissipels geword. Die siekte in daardie huis is geheilig tot
die bekering van die hele gesin. Gerugte van die wonderwerk het
versprei; en in Kapernaum, waar so baie van Sy magtige werke
gedoen is, is die weg geopen vir die persoonlike bediening van
Christus.
Hy wat die koninklike beampte te Kapernaum geseën het, is net
so begerig om ons te seën. Maar, net soos daardie bedroefde vader,
word ons ook dikwels beweeg om tot Jesus te kom omdat ons aardse
voordeel soek, en ons vertrou Sy liefde alleen wanneer ons kry wat
ons gesoek het. Die Heiland verlang om ons ’n groter seën te gee
as wat ons soek, en Hy gee ons nie dadelik wat ons vra nie, sodat
Hy die sonde in ons hart kan openbaar en ons groot behoefte aan Sy
genade. Hy wil hê dat ons die selfsug moet versaak wat ons beweeg
om Hom te soek. Met ’n belydenis van ons hulpeloosheid en groot
behoefte, moet ons ons heeltemal oorgee aan Sy liefde.
Die koninklike beampte wou eers die antwoord op sy gebed sien
voordat hy sou glo, maar hy moes die woord van Jesus eers aanneem
dat sy versoek toegestaan en die seën gegee is. Daardie les sal ons
ook moet leer. Ons moet glo, nie omdat ons sien of voel dat God ons
verhoor het nie. Ons moet vertrou op Sy beloftes. Wanneer ons Hom
nader in geloof, verhoor God elke gebed. Wanneer ons God om Sy
seën gevra het, moet ons glo dat ons dit sal kry, en ons moet Hom
dank dat ons dit gekry het. Dan moet ons aangaan met ons werk,
in die versekering dat die seën daar sal wees wanneer ons dit die
meeste nodig het. Wanneer ons geleer het om dit te doen, sal ons
weet dat ons gebede verhoor is. God sal vir ons doen “ver bo alles
wat ons kan vra” “na die rykdom van Sy heerlikheid” volgens die
“
werking van die krag van Sy sterkte.” Efe. 3: 20, 16; 1: 19.
[198]