“
As Julle nie Tekens en Wonders Sien nie”
165
lewe van sy seun mag kos. Hy het geweet dat hy in die teenwoordig-
heid was van een wat sy gedagtes kon lees en vir wie alle dinge
moont- hk was. In angs het hy gesmeek: “Here, kom af voordat my
kind sterwe.” Sy geloof het Jesus beetgeneem net soos Jakob gedoen
het toe hy in sy worstelstryd met die Engel uitgeroep het, “Ek sal U
nie laat gaan nie tensy dat U my seën.” Gen. 32: 26.
Net soos Jakob, het hy oorwin. Die Heiland kan nie weggaan van
die siel wat aan Hom vasklem en sy groot behoefte pleit nie. “Gaan,
het Hy gesê,” “jou kind lewe!” Die koninklike beampte is van die
Heiland af weg met ’n vrede en vreugde wat hy nooit voorheen geken
het nie. Nie alleen het hy geglo dat sy seun gesond sou word nie,
maar hy het met ’n sterk vertroue in Christus geglo as die Verlosser.
Terselfdertyd het diegene wat by die kind gewaak het in die huis
te Kapernaum ’n skielike en misterieuse verandering gemerk. Die
doodskaduwee op die lydende se gesig het verdwyn. Die koorsige
gloed is vervang deur die sagte gloed van gesondheid. Die dowwe
oë het weer gefonkel van intelligensie, en krag het teruggekeer tot
die swak en uitgeteerde liggaampie. Daar is geen tekens meer van
die siekte by die kind gesien nie. Die droë, koorsige vel het sag en
klam geword, en die kind het stil aan die slaap geraak. Die koors
het hom verlaat op die warmste van die dag. Die huismense was
verbaas, en daar was groot vreugde.
Kana was nie so ver van Kapernaum af dat die beampte nie sy
huis kon bereik die aand ná sy onderhoud met Jesus nie; maar hy
het hom nie gehaas huis toe nie. Hy het die volgende more eers in
Kapernaum aangekom. Wat ’n blye tuiskoms was dit nie! Toe hy na
Jesus gaan soek het, was sy hart vol droefheid. Die sonskyn het vir
hom wreed voorgekom, en die sang van die voëltjies was ’n klug.
Hoe anders het hy nou gevoel! Die hele natuur het anders gelyk. Hy
sien met nuwe oë. Terwyl hy so in die vroeë more gereis het, het dit
geskyn of die ganse natuur God saam met hom geprys het. Terwyl hy
nog ’n hele ent van sy huis af was, het bodes hom tegemoet gekom,
om die spanning wat hy moes gevoel het, te breek. Hy was glad nie
verbaas oor die nuus wat hulle gebring het nie, maar met ’n groot
[197]
belangstelling wat hulle nie kon verstaan nie, het hy gevra wanneer
die kind beterskap begin toon het. Hulle het geantwoord: “Gister om
eenuur het die koors hom verlaat.” Dit was op dieselfde uur toe die