164
DIE KONING VAN DIE EEUE
persoon sou kon doen wat hy kom vra het; maar nogtans het hy ’n
onderhoud met Jesus gehad, Hom vertel waarom hy gekom het, en
die Heiland gevra om met hom saam te gaan na sy huis. Jesus het
reeds van sy droefheid geweet. Nog voordat die offisier van sy huis
af weg is, het die Here sy verknorsing gesien.
Maar Jesus het ook geweet dat die vader in sy eie hart voorwaar-
des gestel het aangaande sy geloof in Hom. As daar nie voldoen
word aan sy smeekbede nie, sou hy Hom nie aanneem as die Messias
nie. Terwyl die offisier in angs en spanning gewag het, het Jesus
gesê, “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo
nie.”
Nieteenstaande al die bewyse dat Jesus die Christus was, het die
beampte besluit om die voldoening aan sy versoek as voorwaarde
te stel van geloof in Hom. Die Heiland het hierdie voorwaardelike
geloof vergelyk met die eenvoudige geloof van die Samaritane wat
geen wonderwerk of teken gevra het nie. Sy woord, die altyd teen-
woordige bewys van Sy Godheid, het ’n oortuigende krag gehad wat
hulle harte aangeraak het. Dit het Christus gegrief dat Sy eie mense,
aan wie die heilige godsprake toevertrou was, nie die stem van God
verneem het wat deur Sy Seun tot hulle gespreek het nie.
Maar die koninklike beampte het darem ’n mate van geloof ge-
had, want hy het gekom om te vra wat vir hom seker een van die
grootste seëninge sou wees. Jesus het ’n groter gawe gehad om te
gee. Nie alleen wou Hy die kind gesondmaak nie, maar Hy wou die
offisier en sy huisgesin deelgenote maak van die verlossing, en ’n
lig in Kaper- naum aansteek wat eerlank sy arbeidsveld sou word.
Maar die beampte sal eers sy behoefte moet besef voordat hy die
genade van Christus sal begeer. Hierdie man was verteenwoordi-
gend van baie onder sy volksgenote. Hulle het om selfsugtige redes
belanggestel in Jesus. Hulle het gehoop dat hulle die een of ander
spesiale voordeel sou trek uit Sy mag, en hulle geloof was gebaseer
op die ontvangs van hierdie stoflike guns; hulle was onbewus van
hulle geestelike krankheid, en het nie hulle behoefte aan goddelike
genade besef nie.
Soos ’n flits het die Heiland se woorde die koninklike beampte
se hart ontbloot. Hy het gesien dat hy Jesus met ’n selfsugtige motief
[196]
kom opsoek het. Hy het sy weifelende geloof in sy ware kleur gesien.
In die grootste droefheid het hy besef dat sy twyfelmoedigheid die