Page 167 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

As Julle nie Tekens en Wonders Sien nie”
DIE Galileërs wat teruggekeer het van die Paasfees, het vertel van
die wonderwerke van Jesus. Die veroordeling van Sy dade deur die
waardigheidsbekleërs te Jerusalem, het die weg vir Hom oopgemaak
in Galilea. Baie van die mense het die misbruik van die tempel en
die inhaligheid en vermetelheid van die priesters gelaak. Hulle het
gehoop dat hierdie man, wat die owerstes op die vlug gejaag het, die
langverwagte Verlosser sou wees. Nou het hulle gerugte gehoor wat
oënskynlik hulle stoutste verwagtings bevestig het. Daar is berig dat
die profeet self gesê het dat Hy die Messias was.
Maar die mense van Nasaret het nie in Hom geglo nie. Om
hierdie rede het Jesus, op weg na Kana, nie by Nasaret aangegaan
nie. Die Heiland het aan Sy dissipels gesê dat n profeet nie in sy eie
land eer sou ontvang nie. Mense beoordeel karakter volgens dinge
wat hulleself kan waardeer. Die bekrompenes en wêreldgesindes het
Christus beoordeel volgens Sy nederige geboorte, Sy eenvoudige
klere, en Sy daelikse werk. Hulle kon nie die reinheid waardeer van
hierdie gees wat deur geen enkele sonde besmet was nie.
[194]
Die gerug dat Christus weer in Kana was, het deur die hele
Galilea versprei, en hoop gebring aan die lydendes en ellendiges. In
Kapernaum het die nuus die aandag getrek van ’n Joodse koninklike
beampte wat ’n offisier in die koning se diens was. ’n Seuntjie van
die offisier het aan ’n skynbaar ongeneeslike siekte gely. Die dokters
het geen hoop vir hom gehad nie, maar toe die Vader hoor van Jesus,
het hy besluit om Sy hulp te gaan inroep. Die kind was baie swak,
en daar is gevrees dat hy nie sou leef tot hy terugkom nie; maar
die offisier het gevoel dat hy Jesus persoonlik moes nader. Hy het
gehoop dat die smeekbede van ’n vader die simpatie sou opwek van
die Groot Geneesheer.
[195]
By Kana gekom, het hy ’n groot skare om Jesus gevind. Met ´n
angstige hart het hy deurgedring tot in die Heiland se teenwoordig-
heid. Sy geloof het gewankel toe hy ’n man sien baie eenvoudig
gekleed, met stof bedek van Sy reis. Hy het getwyfel of hierdie
163