162
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sodra sy die Heiland gevind het, het die Samaritaanse vrou ander
tot Hom gebring. Sy het bewys dat sy ’n baie beter sendeling was as
Sy eie dissipels. Die dissipels het niks in Samaria gesien wat dit kon
aandui as ’n bemoedigende sendingveld nie. Hulle het gedink aan
’
n groot werk wat in die toekoms gedoen moet word. Hulle het nie
gesien dat daar rondom hulle ’n oes was om in te samel nie. Maar
deur die vrou wat hulle verag het, is ’n hele stadsbevolking gebring
om die Heiland te hoor. Sy het dadelik die lig na haar volksgenote
geneem.
In hierdie vrou het ons ’n voorstelling van die werking van ’n
praktiese geloof in Christus. Elke ware dissipel is in die koninkryk
van God gebore as ’n sendeling. Die een wat van die lewende water
drink, word ’n fontein van die lewe. Die ontvanger word ’n gewer.
Die genade van Christus in die siel is soos ’n fontein in die woestyn,
wat opspring om almal te verkwik, en wat diegene wat op die punt
staan om te versmag gretig maak om van die water van die lewe te
drink.
[193]