Page 165 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Fontein van Jakob
161
is na Efese en Smirna, het hy onthou wat by Sigem gebeur het, en
hy was vervul met dankbaarheid aan die goddelike Leraar, wat die
moeilikhede waarvoor hulle te staan sou kom, voorsien het, en hulle
die hulp van Sy eie voorbeeld gegee het.
Die Heiland doen vandag nog dieselfde werk as toe Hy die water
van die lewe aangebied het aan die vrou van Samaria. Diegene wat
hulleself Sy navolgers noem, mag die uitvaagsels verag en vermy;
maar geen omstandigheid van geboorte of ras, geen lewenstoestand,
kan Sy liefde afwend van die mensekinders nie. Aan elke siel, hoe
sondig ook, sê Jesus, As julle dit van My vra, sal Ek julle die water
van die lewe gee.
Die evangelie-uitnodiging moet nie beperk word tot, en gegee
word aan ’n paar uitverkorenes, wat soos ons meen, ons sal vereer as
hulle dit aanneem nie. Die boodskap moet aan almal verkondig word.
Waar daar oop harte is wat die waarheid sal aanneem, is Christus
gereed om hulle te leer. Hy openbaar die Vader aan hulle, en die
soort godsdiens wat aanneemlik is vir Hom wat die hart lees. Vir
sulkes gebruik Hy geen gelykenisse nie. Aan hulle, net soos aan die
vrou by die fontein, sê hy, “Dit is Ek wat met jou spreek.”
Toe Jesus gaan sit en rus het by die fontein van Jakob, het Hy
van Judea gekom, waar Sy bediening min vrugte afgewerp het. Hy
is deur die priesters en rabbi’s verwerp, en selfs diegene wat bely het
om Sy dissipels te wees, het nie Sy goddelike karakter bespeur nie.
Hy was moeg en afgemat, maar Hy het nie die kans laat verbygaan
nie om met een vrou te praat, alhoewel sy ’n vreemdeling was,
[192]
vervreemd van Israel, en lewende in die sonde.
Die Heiland het nie gewag op ’n gehoor nie. Dikwels het Hy
begin leer met net ’n paar mense rondom Hom, maar een vir een het
die verbygangers gaan staan en luister totdat ’n skare, verwonderd en
met ontsag, die woorde van God gehoor het deur die Leraar uit die
hemel. Die werker vir Christus moenie voel dat hy nie met dieselfde
erns kan spreek tot ’n paar hoorders as tot ’n groot gehoor nie. Daar
mag net een wees om die boodskap te hoor, maar wie kan sê hoe
verreikend die invloed sal wees? Selfs vir die dissipels van Christus
het dit onbelangrik gelyk dat die Heiland Sy tyd sou bestee aan ’n
vrou van Samaria. Maar Hy het met meer erns en welsprekendheid
tot haar gespreek as tot konings, raadslede, of hoëpriesters. Die lesse
wat Hy.aan daardie vrou gegee het, is oor die hele aarde verkondig.