Page 164 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

160
DIE KONING VAN DIE EEUE
vertolk het en die heerlikheid van die tweede koms toegepas het
op die eerste, het die Samaritane daartoe gedryf om al die geskrifte
te verwerp behalwe die wat deur Moses gegee is. Maar waar die
Heiland hierdie verkeerde verklarings weggeveeg het, het vele die
latere profesieë aangeneem, en ook die woorde van Christus self
aangaande die koninkryk van God.
Jesus het begin om die skeidsmuur af te breek tussen Jood en
heiden, en om verlossing aan die wêreld te verkondig. Alhoewel
Hy n Jood was, het Hy vryelik omgegaan met die Samaritane, en
die Farisese gebruike van Sy volk ter syde gestel. Ten spyte van
hulle vooroordeel het Hy die gasvryheid van hierdie veragte volk
aangeneem. Hy het in hulle huise geslaap, aan hulle tafels geëet—
voedsel wat deur hulle hande berei is; Hy het in hulle strate geleer
en hulle met die grootste vriendelikheid en hoflikheid bejeën.
By die tempel van Jerusalem het ’n laer muur die voorhof van al
die ander dele van die heilige gebou geskei. Op hierdie muur is daar
opskrifte aangebring in verskillende tale, wat gelui het dat alleen
Jode oor daardie grens kon gaan. As ’n heiden hom sou aan- gematig
het om na die binneste dele te gaan, sou hy die tempel veront- heilig
en dit sou sy lewe gekos het. Maar Jesus, in wie die tempel en sy
dienste sy oorsprong gehad het, het die heidene tot Hom getrek met
bande van menslike medelyde, terwyl Sy goddelike genade aan hulle
die saligheid gebring wat die Jode verwerp het.
Die verblyf van Jesus in Samaria was bedoel om ’n seën té wees
vir Sy dissipels wat nog onder die invloed van Joodse bekrompenheid
[191]
verkeer het. Hulle het gevoel dat trou aan hulle eie volk dit geverg
het dat hulle vyandig moet wees teenoor die Samaritane. Hulle
was verbaas oor die gedrag van Jesus. Hulle kon nie weier om Sy
voorbeeld te volg nie, en gedurende die twee dae in Samaria, het
getrou- heid aan Hom hulle vooroordeel onder beheer gehou, maar
in hulle harte was hulle onversoenlik. Hulle was stadig om te leer dat
hulle veragting en haat plek moes maak vir ontferming en medelyde.
Maar ná die Here se hemelvaart, het Sy lesse tot hulle teruggekom
met nuwe betekenis. Ná die uitstorting van die Heilige Gees het
hulle terugge- dink aan die uitdrukking op die Heiland se gelaat, Sy
woorde, die respek en sagmoedigheid wat Hy getoon het teenoor
daardie veragte vreemdelinge. Toe Petrus in Samaria gaan preek
het, het hy dieselfde gees getoon in sy werk. Toe Johannes geroep