Page 163 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Fontein van Jakob
159
een wat almagtig is, het stil maar doelmatig gewerk oen die oes te
produseer.
Die dou en reent en sonskyn van Gods genade is gegee om die
saad van die waarheid te voed en te verkwik. Christus sou eerlank die
saad met Sy eie bloed benat. Dit was ’n voorreg vir Sy dissipels om
saam met God te werk. Hulle was medewerkers van Christus en met
die heilige manne van ouds. Deur die uitstorting van die Heilige Gees
op Pinkster, het duisende in een dag tot bekering gekom. Dit was
die gevolg van die saad wat Christus gesaai het, die oes op Sy werk.
In die woorde wat tot die vrou gespreek is by die fontein, is daar
goeie saad gesaai, en hoe gou was daar ’n oes. Die Samaritane het
gekom en Jesus gehoor, en in Hom geglo. Hulle het hulle om Hom
geskaar by die fontein en Hom bestook met vrae; hulle het gretig
Sy verduidelikings aangeneem van baie dinge wat hulle eers nie
verstaan het nie. Namate hulle geluister het, het hulle moeilikhede
verdwyn. Hulle was soos mense in groot duisternis wat n ligstraal
opgevolg het totdat hulle in die daglig gekom het. Maar hulle was
nie tevrede met hierdie kort samespreking nie. Hulle wou baie graag
meer weet, en ook dat hulle vriende hierdie wonderbare Leraar moes
hoor. Hulle het Hom uitgenooi na hulle stad, en Hom gesoebat om
by hulle te bly. Vir twee dae het Hy in Samaria vertoef, en baie meer
het in Hom geglo.
Die Fariseërs het die eenvoud van Jesus verag. Hulle het Sy won-
derwerke geïgnoreer, en om ’n teken gevra dat Hy die Seun van God
was. Maar die Samaritane het geen teken gevra nie, en Jesus het
geen wonderwerke onder hulle gedoen nie, behalwe om aan die vrou
die geheime van haar lewe te openbaar daar by die fontein. Nogtans
[190]
het vele Hom aangeneem. In hulle nuwe vreugde het hulle aan die
vrou gesê, “Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want
ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die
Verlosser van die wêreld is.”
Die Samaritane het geglo dat die Messias sou kom as die verlos-
ser, nie van die Jode alleen nie, maar van die wêreld. Die Heilige
Gees het deur Moses Sy koms voorspel, as ’n profeet van God ge-
stuur. Deur Jakob is verklaar dat die volk tot Hom vergader sou word,
en deur Abraham dat al die nasies van die aarde in Hom geseën sou
wees. Op hierdie skrifgedeeltes het die Samaritane hulle geloof in
die Messias gebaseer. Die feit dat die Jode die later profete verkeerd