158
DIE KONING VAN DIE EEUE
die fontein gekom het, en sy het die Heiland se dors vergeet wat sy
graag wou les. Met ’n hart wat oorloop van blydskap is sy haastig
daar weg om die heerlike lig wat Sy ontvang het aan ander mee te
deel.
“
Kom kyk, ’n man wat my vertel het alles wat ek gedoen het,”
het sy gesê aan die mense van die dorpie. “Is Hy nie miskien die
Christus nie?” Haar woorde het hulle harte aangeraak. Daar was
’
n nuwe uitdrukking op haar gelaat, en haar hele voorkomste het
verander. Hulle wou ook vir Jesus sien. “Hulle het toe uit die stad
gegaan en na Hom gekom.”
Terwyl Jesus nog daar by die fontein gesit het, het Hy oor die
graanlande gekyk wat daar voor Hom uitgestrek het, die groen, ver-
lig deur die goue sonstrale. Hy het Sy dissipels se aandag daarop
gevestig en dit as simbool gebruik: “Sê julle nie: Dit is nog vier
maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë
op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.” En terwyl
hy gepraat het, het Hy gekyk na die groepe wat na die fontein toe
aangekom het. Dit was vier maande voordat die graan geoes kon
word, maar hier was ’n oes wat heeltemal gereed was vir die snyers.
“
Hy wat maai,” het Hy gesê, “ontvang loon en vergader vrug vir
die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ’n ander een
wat maai.” Hier het Christus gewys op die heilige plig wat diegene
wat die evangelie ontvang, aan God verskuldig is. Hulle moet Sy
lewende werktuie wees. Hy verlang hulle persoonlike diens. En of
[189]
ons saai of maai, ons werk vir God. Die een saai die saad; ’n ander
oes dit in, en beide die saaier cn die maaier ontvang loon. Hulle
verbly hulle
’
saam in die loon op hulle werk.
Jesus het aan Sy dissipels gesê, “Ek het julle gestuur om te maai
waaraan julle nie gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in
hulle arbeid ingegaan.” Die Heiland het hier vooruit gesien op die
groot insameling op Pinksterdag. Die dissipels moes dit nie beskou
as die gevolge van hulle eie pogings nie. Hulle was besig om die
vrugte te pluk van ander se arbeid. Van die sondeval van Adam af
het Christus die saad van Sy woord aan Sy uitverkore diensknegte
toevertrou om te saai in menslike harte. En ’n onsigbare werktuig,