By die Fontein van Jakob
157
haar kennis sou gebruik om ander te bring om ook in Sy genade te
deel.
Toe die dissipels teruggekom het, was hulle verbaas om te sien
dat hulle Meester besig was om met die vrou te praat. Hy het nie
die water gedrink wat Hy gevra het, of van die voedsel geëet wat
Sy dissipels gebring het nie. Toe die vrou weg was, het Sy dissipels
Hom gevra om te eet. Hulle het gemerk dat Hy stil was, asof Hy
verdiep was in Sy gedagtes. Sy gesig het gestraal, en hulle wou nie
Sy gemeenskap met die hemel verbreek nie. Maar hulle het geweet
dat Hy afgemat was, en gemeen dat dit hulle plig was om Hom te
herinner aan Sy liggaamlike behoeftes. Jesus het hulle vriendelike
belangstelling opgemerk, en Hy het gesê, “Ek het voedsel om te eet
waar julle nie van weet nie.”
Die dissipels het gewonder wie vir Hom kos kon gebring het,
maar Hy het verduidelik, “My voedsel is om die wil te doen van Hom
wat My gestuur het en Sy werk te volbring.” Joh. 4: 34. Namate Sy
woorde die gewete van die vrou wakker gemaak het, het Jesus Hom
verheug. Hy het gesien hoedat sy drink van die water van die lewe,
en Sy honger en dors is bevredig. Die doen van die werk waarvoor
Hy van die hemel gekom het, het die Heiland versterk vir Sy taak,
en Hom verhef bokant die menslike behoeftes. Om ’n siel te bedien
wat hongerig en dorstig is vir die waarheid, het Hom meer behaag
as eet en drink. Dit was ’n vertroosting, ’n verkwikking vir Hom.
Om te seën was die lewe van Sy siel.
[188]
Ons Verlosser dors na erkenning. Hy smag na die medelyde en
liefde van diegene wat Hy met Sy eie bloed gekoop het. Hy verlang
met ’n onuitspreeklike verlange dat hulle na Hom toe moet kom en
die lewe moet aanneem. Net soos ’n moeder uitsien na die erkentlike
glimlag van haar kindjie, wat ook die teken is van die begin van
intelligensie, so wag Christus op die openbaring van waarderende
liefde wat toon dat geestelike lewe in die siel begin het.
Waar sy na Christus se woorde geluister het, is die vrou met
vreugde vervul. Die wonderbare openbaring het haar byna oorweldig
Sy het haar waterkan daar gelaat en na die dorp teruggekeer om die
boodskap aan ander te bring. Jesus het geweet waarom sy daar weg
is. Die feit dat sy haar waterkan laat staan het, was bewys van die
indruk wat Sy woorde gemaak het. Dit was die begeerte van haar
siel om die lewende water te verkry; sy het vergeet waarvoor sy na