156
DIE KONING VAN DIE EEUE
God, daar sien ons die werking van die Gees, en God sal Hom aan
daardie siel openbaar. God soek na sulke aanbidders. Hy wag om
hulle te ontvang en hulle Sy seuns en dogters te maak.
Terwyl die vrou met Jesus gepraat het, het sy onder die indruk
gekom van Sy woorde. Nog nooit het sy sulke gedagtes gehoor van
die priesters van haar eie volk of van die Jode nie. Waar haar verlede
so aan haar geopenbaar is, het sy tot ’n besef gekom van haar groot
behoefte. Sy het haar sielsdors besef wat die waters van die put van
Sigar nooit kon bevredig nie. Niks wat sy tevore in aanraking mee
gekom het, het haar haar hoër behoeftes so laat besef nie. Jesus het
haar oortuig dat Hy die geheime van haar lewe kon lees, en nogtans
het sy gevoel dat Hy haar vriend was wat vir haar jammer is en haar
liefhet. Hoewel die reinheid van Sy teenwoordigheid haar sonde
veroordeel het, het Hy geen woord van veroordeling gespreek nie,
maar haar vertel van Sy genade wat haar siel kon vernieu. Sy het Sy
karakter begin verstaan, en die vraag het by haar opgekom: Is dit nie
miskien die langverwagte Messias nie? Sy het aan Hom gesê: “Ek
weet dat die Messias kom—Hy wat Christus genoem word. Wanneer
Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.” Jesus het geantwoord, “Dit is
Ek wat met jou spreek.”
Toe die vrou hierdie woorde hoor, het geloof in haar hart ontstaan.
Sy het die wonderbare verklaring van die lippe van die goddelike
Leraar aangeneem.
[187]
Hierdie vrou was in ’n waarderende gemoedstemming. Sy was
gereed om die heerlike openbaring aan te neem, want sy het belang
gestel in die Skrifte, en die Heilige Gees het haar hart berei om meer
lig te ontvang. Sy was bekend met die Ou Testamentiese belofte,
“
n Profeet onder jou uit, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou
God vir jou verwek; na Hom moet julle luister.” Deut. 18: 15. Sy het
verlang om hierdie profesie te verstaan. Daar het reeds lig in haar
hart geflits. Die water van die lewe, die geestelike lewe wat Christus
gee aan elke dorstige siel, het in haar hart begin opspring. Die Gees
van die Here het in haar gewerk.
Die duidelike verklaring wat Christus aan hierdie vrou gemaak
het, kon nie aan die eiegeregtige Jode gemaak word nie. Christus was
baie meer teruggetrokke wanneer hy met hulle gepraat het. Die dinge
wat van die Jode teruggehou is, en wat die dissipels later beveel is
om geheim te hou, is aan haar geopenbaar. Jesus het gesien dat sy