By die Fontein van Jakob
155
nie. Maar rampe het hulle getref; hulle tempel is deur hulle vyande
ver- woes, en dit het geskyn of ’n vloek op hulle gerus het; hulle
het egter nog vasgeklem aan hulle tradisies en vorm van godsdiens.
Hulle wou nie die tempel van Jerusalem erken as die huis van God
nie, en ook nie dat die godsdiens van die Jode beter was as hulle eie
nie.
In antwoord het Jesus aan die vrou gesê: “Glo My daar kom n
uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die
Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid
wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.” Jesus het getoon dat
Hy vry was van die Joodse vooroordeel teenoor die Samaritane. Nou
het Hy probeer om die Samaritaanse vooroordeel teenoor die Jode
af te breek. Hoewel Hy verwys het na die feit dat die Samaritaanse
godsdiens besoedel was met afgodery, het Hy verklaar dat die groot
waarhede van die verlossing aan die Jode toevertrou was, en dat
die Messias uit hulle sou kom. In die Heilige Skrifte het hulle ’n
duide- like voorstelling van die karakter van God, en die beginsels
van Sy regering. Jesus het Homself saam met die Jode geklassifiseer
as die mense aan wie God ’n kennis van Homself geopenbaar het.
Hy het probeer om die gedagtes van die vrou te verhef bokant
vorms en seremonies, en geskilpunte. “Daar kom ’n uur,” het Hy
gesê, “en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees
en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook sulke mense
wat Hom aanbid. God is Gees; en diegene wat Hom aanbid, moet in
Gees en waarheid aanbid.”
[186]
Hier het ons dieselfde waarheid wat Jesus aan Nikodemus ge-
openbaar het toe Hy gesê het, “As iemand nie weer gebore word
nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Joh. 3: 3. Mense
word nie in gemeenskap met God gebring deur te soek na ’n heilige
berg of n heilige tempel nie. Godsdiens is nie beperk tot uiterlike
vorms en seremonies nie. Die godsdiens wat van God kom, is die
enigste godsdiens wat tot God sal lei. Om God op die regte manier te
dien, moet ons gebore word uit die goddelike Gees. Dit sal die hart
reinig en die verstand vernieu en ’n nuwe vermoë skenk om God
te ken en lief te hê. Dit sal ons gewillig maak om al Sy vereistes te
gehoorsaam. Dit is ware aanbidding. Dit is die vrug van die werking
van die Heilige Gees. Elke opregte gebed is ingegee deur die Gees,
en sulke gebede is aanneemlik vir God. Waar ’n siel ook al soek na