Page 156 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

152
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die hand gewys word, maar vertroue wek vertroue. Die Koning
van die hemel het na hierdie verworpe siel gekom en ’n guns van
haar gevra. Hy wat die oseaan gemaak het, wat die waters van die
groot iepte beheers, wat die fonteine en waterkanale van die aarde
geopen het, het gerus by die fontein van Jakob, en was afhanklik van
die vriende- likheid van ’n vreemdeling vir ’n bietjie water.
Die vrou het gesien dat Jesus ’n Jood was. In haar verbasing het
sy vergeet om aan Sy versoek te voldoen, maar wou weet waarom
Hy van haar die guns gevra het. “Hoe is dit,” het sy gevra, “dat U
wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse
vrou is?”
Jesus het geantwoord, “As jy die gawe van God geken het en wis
wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom
gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Jy is verbaas
dat Ek van jou selfs so ’n klein gunsie soos ’n bietjie water vra van
die fontein hier by ons voete. As jy My gevra het, sou Ek jou die
water van die ewige lewe gegee het om te drink.
Die vrou het nie die woorde van Christus begryp nie, maar sy
het die gewigtige betekenis daarvan gevoel. Haar ligsinmgheid het
begin verander. Menende dat Jesus van die fontein daar by hulle
gepraat het, het sy gesê, “Here, U het nie eens ’n skepding nie, en
die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? U is tog
nie groter as ons vader Jakob nie wat vir ons die put gegee het en
self daaruit gedrink het?” Sy het voor haar slegs ’n dorstige reisiger
gesien, moeg en vol stof. In haar hart het sy Hom vergelyk met die
geeerde patriarg Jakob. Sy het die gevoel gekoester, en heeltemal
natuurlik ook, dat geen ander fontein so goed was as die wat deur die
aarts vaders gegee is nie. Sy het teruggekyk op die vaders, vooruit
[182]
[183]
na die koms van die Messias, terwyl die Hoop van die vaders, die
Messias self, langs haar was, en sy het Hom nie geken nie. Hoeveel
dorstige siele is daar vandag wat naby die lewende fontein is, maar
wat in die verte kyk na die fonteine van die lewe! “Moenie in jou
hart sê nie. Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te
bring; of. Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit
die dode op te bring? . . . Naby jou is die woord, in jou mond en
in jou hart. . . . As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou
hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.”
Rom. 10: 6-9.