Page 155 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Fontein van Jakob
Op weg na Galilea het Jesus deur Samaria gereis. Dit was middag
toe Hy die pragtige dal van Sigem bereik het. By die opening van
hierdie dal was die fontein van Jakob. Moeg van Sy reis het Hy daar
gaan sit om te rus terwyl Sy dissipels gaan voedsel koop het.
Die Jode en die Samaritane was bitter vyande, en sover moont-
lik het hulle alle omgang met mekaar vermy. Om noodgedwonge
met hulle handel te dryf het die rabbi’s toegelaat as wettig, maar
sosiale omgang met hulle is veroordeel, n Jood sou nooit iets van
n Samaritaan leen, of ’n vriendskap aanneem—selfs nie ’n stukkie
brood of ’n beker water nie. Waar die dissipels gaan voedsel koop
het, het hulle gehandel oor- eenkomstig die gebruike van hulle volk.
Verder as dit sou hulle nie gaan nie. Om ’n guns van die Samaritane
te vra, of om hulle op enige wyse te bevoordeel — dit het nooit by
die dissipels opgekom nie.
Toe Jesus daar by die fontein sit, was Hy baie moeg en honger
en dors. Van die more af het hulle ’n lang ent gestap, en nou het die
middagson Hom gebak. Sy dors het nog erger geword toe Hy dink
aan die heerlike koel, verkwikkende water wat so naby was; maar
Hy kon dit nie bykom nie, want Hy het nie ’n tou of kan gehad nie,
en die put was diep. Soos enige ander mens was Hy afhanklik van
iemand wat kom water put het.
[181]
Daar het ’n Samaritaanse vrou gekom, en skaars bewus van Sy
teenwoordigheid, het sy haar kan volgemaak. Toe sy wegdraai om te
loop, het Jesus haar om ’n bietjie water gevra. So ’n guns sou geen
Oosterling weier nie. In die Ooste is water genoem “die gawe van
God.” Om water te gee aan ’n dorstige reisiger was ’n plig wat die
Arabiere as so heilig beskou het dat hulle in die woestyn uit hulle
pa sou gaan om dit na te kom. Die haat wat daar tussen Jode en
Samaritane was, het die vrou belet om hierdie vriendelikheid aan
Jesus te betoon; maar Jesus het gesoek na ’n sleutel om hierdie hart
oop te sluit, en met takt, gebore uit goddelike liefde, het Hy n guns
gevra, nie een aangebied nie. Die aanbod van ’n guns kon miskien
151