“
Hy Moet Meer Word”
149
Johannes met soveel vreugde aangeneem het, is ook gerapporteer aan
die owerhede te Jerusalem. Die priesters en rabbi’s was jaloers op
die invloed van Johannes toe hulle sien dat die mense die sinagoges
verlaat en na die woestyn stroom, maar hier was nou Iemand wat nog
groter krag gehad het om die skares te trek. Daardie leiers in Israel
was nie gewillig om saam met Johannes te sê nie, “Hy moet meer
word, maar ek minder.” Hulle het nou met nog groter vasberadenheid
besluit om ’n end te maak aan die werk wat die mense van hulle af
weggelok het.
[179]
Jesus het geweet dat hulle alle pogings sou aanwend om onenig-
heid te saai tussen Sy dissipels en die van Johannes. Hy het geweet
dat die storm gebroei het wat een van die grootste profete wat die
wêreld nog ooit gesien het, sou wegveeg. Omdat Hy geen geleent-
heid vir misverstand of onenigheid wou gee nie, het Hy stil Sy werk
gestaak en na Galilea vertrek. Ook ons, terwyl ons getrou aan die
waarheid bly, moet alles vermy wat onenigheid of misverstand kan
veroorsaak, want waar sulke dinge ontstaan, is die gevolg verlies
aan siele. As daar omstandighede ontstaan wat dreig om ’n skeuring
te veroorsaak; moet ons die voorbeeld van Jesus en Johannes die
Doper volg.
Johannes is geroep om leiding te gee as hervormer. Ten gevolge
hiervan was die gevaar daar dat sy dissipels hulle aandag op hom sou
vestig en voel dat die sukses van die werk van sy arbeid af- hanklik
was, en dat hulle sou vergeet dat Hy slegs ’n werktuig was deur wie
God gewerk het. Maar die werk van Johannes was nie genoeg om die
fondament van die Christelike kerk te le nie. Ná sy sending vervul
was, moes daar ’n ander werk gedoen word wat sy prediking nie sou
kon teweegbring nie. Sy dissipels het dit nie verstaan nie. Toe hulle
sien dat Christus inkom om daardie werk te doen, het hulle jaloers
en ontevrede geword.
Dieselfde gevare bestaan vandag nog. God roep ’n man om n
sekere werk te doen, en wanneer hy dit so ver gedryf het as waartoe
hy bekwaam is, dan bring die Here ander om dit nog verder voort te
sit. Maar, net soos die dissipels van Johannes, is daar baie wat voel
dat die sukses van die werk afhanklik is van die eerste werker. Die
aandag word gevestig op die menslike liewer as op die goddelike,
daar ontstaan jaloesie, en die werk van God ly skade. Die persoon
wat dus te veel vereer word, begin op homself te vertrou; hy besef