Page 152 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

148
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hulle sal Jesus verhoog, en saam met Hom sal die mensdom verhoog
word. “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon,
Heilig is Sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en
by die verbry- selde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees
van die nede- riges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.”
Jes. 57: 15.
Die siel van die profeet, ontledig van die eie-ek, was vervul met
goddelike lig. Waar hy getuig het van die Verlosser se heerlikheid,
was sy woorde byna net soos die wat Christus self gespreek het in
Sy onderhoud met Nikodemus. Johannes het gesê, “Hy wat van bo
kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat
uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. . . . Want Hy
wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee
Hom die Gees nie met mate nie.” Christus sê, “Ek [soek] nie My eie
wil nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.” Joh. 5: 30.
Aan Hom is gesê: “U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid
gehaat; daarom het, o God, U God U gesalf met vreugde-olie bo U
metgeselle.” Heb. 1: 9. Die Vader “gee Hom die Gees nie met mate
nie.”
So ook met die navolgers van Christus. Ons kan die lig van
die hemel ontvang alleen namate ons gewillig is om van die eie-ek
ontledig te word. Ons kan nie die karakter van God sien, of Christus
deur die geloof aanneem, tensy ons gewillig is om elke gedagte
gevange te gee in gehoorsaamheid aan Christus nie. Aan almal wat
dit doen, word die Heilige Gees sonder maat gegee. In Christus
woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die
volheid in Hom.” Kol. 2:9, 10.
Die dissipels van Johannes het verklaar dat al die mense na
Christus toe kom; maar met ’n meer helder insig het Johannes gesê,
Niemand neem Sy getuienis aan nie;” want so min was gereed om
[178]
Hom aan te neem as die Verlosser van die sonde. Maar “wie Sy
getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waar is.”
Joh. 3: 33. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe.” Dit was
onnodig om te stry oor wie se doop, òf die van Christus òf die van
Johannes van die sonde gereinig het. Dit is die genade van Christus
wat lewe aan die siel gee. Sonder Christus is die doop, soos enige
ander diens, ’n waardelose vorm. “Hy wat die Seun ongehoorsaam
is, sal die lewe nie sien nie.” Die sukses van Christus se werk wat