Page 151 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Hy Moet Meer Word”
147
omdat hy vervang is, sou hy die saad van tweedrag gesaai het; dit
sou afguns en jaloesie veroorsaak, en dit sou die vooruitgang van
die evangelie ernstig gestrem het.
Van nature was Johannes onderhewig aan die foute en swakhede
wat alle mense maar het, maar die aanraking van goddelike liefde
het hom verander. Hy het beweeg in ’n atmosfeer wat nie besoedel
was deur selfsug en eersug nie, en hy het gelewe bokant die walm
van jaloesie. Hy het geen simpatie betoon met die ontevredenheid
van sy dissipels nie, maar duidelik laat blyk dat hy sy verhouding tot
die Messias verstaan het, en ook hoe graag hy die Een verwelkom
vir wie hy die weg berei het.
Hy het gesê, “’n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die
hemel gegee is nie. Julie is self my getuie dat ek gesê het: Ek is nie
die Christus nie; maar dat ek voor Hom uit gestuur is. Die een wat
die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom
wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die
bruidegom.” Johannes het homself voorgestel as die vriend wat as
boodskapper optree tussen die verloofde paar, en wat die weg vir die
huwelik berei. Wanneer die bruidegom sy bruid ontvang het, is die
werk van die vriend klaar. Hy het hom verheug in die blydskap van
diegene wie se egverbintenis hy bevorder het. So is Johannes dan
geroep om die aandag van die mense op Jesus te vestig, en dit het
hom verbly om die sukses van die Heiland se werk te sien. Hy het
gesê: “So is dan hierdie blydskap van my volkome. Hy moet meer
word, maar ek minder.”
Siende in geloof op die Verlosser, het Johannes die hoogtepunt
in selfverloëning bereik. Hy het nie gestreef om mense tot homself
[177]
te trek nie, maar om hulle gedagtes hoër en hoër op te hef totdat
hulle eindelik sou rus op die Lam van God. Hy self was maar net
n stem, ’n stem roepende in die woestyn. Nou het hy met blydskap
swygsaam- heid en afgesonderdheid aanvaar, sodat die oë van almal
die Lig van die lewe mag aanskou.
Diegene wat getrou is aan hulle roeping as boodskappers van
God, sal nie vir hulleself eer soek nie. Liefde vir die eie-ek sal
verswelg word deur liefde vir Christus. Geen wedywering sal die
heerlike saak van die evangelie bederf nie. Hulle sal besef dat dit
hulle werk is om aan te kondig, soos Johannes die Doper, “Daar is
die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1: 29.