Page 150 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Hy Moet Meer Word”
VIR ’n tyd was die invloed van die Doper oor die volk groter
as die van hulle owerstes, priesters, of vorste. As hy homself sou
aangekondig het as die Messias, en ’n opstand teen Rome gelei het,
sou die priesters en die volk hulle om hom geskaar het. Alles wat die
eersug van wêreldse veroweraars kon streel, was die Satan gereed
om aan Johannes die Doper te gee. Maar ten spyte van die bewyse
van sy mag, het hy vasberade die omkoopprys van die hand gewys.
Die aandag wat op hom gevestig is, het hy op Iemand anders laat
val.
Nou het hy gesien hoedat die gety van populariteit van homself
af na die Verlosser vloei. Dag na dag het die skare wat hom eers
gevolg het, verminder. Toe Jesus van Jerusalem na die Jordaanstreek
gekom het, het die mense toegestroom om Hom te hoor. Die getal
van Sy dissipels het elke dag vermeerder. Baie het gekom om gedoop
te word, en alhoewel Christus self nie gedoop het nie, het Hy Sy
dissipels toegelaat om dit te doen. Sodoende het Hy die seël geplaas
op die werk van Sy voorloper. Maar Johannes se dissipels het met
afguns die toenemende populariteit van Jesus gadegeslaan. Hulle
was klaar om Sy werk te kritiseer, en dit was ook nie lank voordat
hulle geleentheid gekry het nie. Daar het ’n vraag ontstaan tussen
hulle en die Jode of die doop die siel van die sonde reinig; hulle
het aangevoer dat die doop van Jesus wesenlik verskil het van die
van Johannes. Dit was ook nie lank nie, of hulle was in ’n stryery
[176]
gewikkel met die dissipels van Jesus aangaande die regte formulier
by die doop, en selfs ook of hulle reg het om die doop te bedien.
Die dissipels van Johannes het na hom gekom met hulle klagtes
en gesê: “Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie
u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.” Deur hierdie
woorde het die Satan Johannes in versoeking gebring. Alhoewel
Johannes se sending skynbaar byna klaar was, was dit nog vir hom
moontlik om die werk van Christus te belemmer. As hy met homself
sou gesimpatiseer, en droefheid en teleurstelling geopenbaar het
146