Page 148 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

144
DIE KONING VAN DIE EEUE
in ons werk om alle dinge aan Hom te onderwerp. Dan word die
wet van God in ons hart en verstand geskryf, en kan ons saam met
Christus sê, “Ek het lus, o My God, om U welbehae te doen.” Ps. 40:
9.
In die gesprek met Nikodemus het Jesus die verlossingsplan
en Sy sending in die wêreld verduidelik. In geeneen van Sy latere
gesprekke het Hy so volledig, stap vir stap, die werk verduidelik wat
in die hart gedoen moet word van almal wat die koninkryk van die
hemele wil beërf nie. Reg aan die begin van Sy bediening het Hy die
waarheid aan ’n lid van die Sanhedrin verklaar, aan ’n verstand wat
baie ontvanklik was en aan ’n aangestelde leraar van die volk. Maar
die leiers van Israel het nie die lig verwelkom nie. Nikodemus het
die waarheid in sy hart gebêre, en vir drie jaar was daar maar nun
merkbare vrugte.
Maar Jesus was bekend met die aarde waarin Hy die saad ge-
saai het. Die woorde wat in die nag aan een luisteraar gespreek is
daar op die heilige berg, het nie verlore gegaan nie. Vir ’n tyd het
Nikodemus Christus nie openlik bely nie, maar hy het Sy lewe dop-
gehou en gepeins oor Sy leer. In die vergaderings van die Sanhedrin
het hy herhaaldelik die planne van die priesters om Hom dood te
maak, gedwarsboom. Toe Jesus eindelik aan die kruis genael is, het
Nikodemus onthou wat aan hom geleer is op die Olyfberg: “Soos
Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van
die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
[174]
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Die lig van daardie
geheime onderhoud het die kruis op Golgota verlig, en Nikodemus
het in Jesus die Verlosser van die wêreld gesien.
Ná die Here se hemelvaart, toe die dissipels verstrooi is deur die
vervolging, het Nikodemus onverskrokke na vore gekom. Hy het
sy middele bestee aan die onderhoud van die pasgebore kerk wat
volgens die verwagting van die Jode tot niet sou gaan by die dood
van Christus. In die tyd van gevaar het hy wat eers so versigtig was,
so vas as ’n rots gestaan, die dissipels aangemoedig, en geld gegee
om die verkondiging van die evangelie te bevorder. Hy is verag en
vervolg deur diegene wat hom eers geëer het. Wat wêreldse goed
betref, het hy arm geword, maar hy het nie gewankel in die geloof
wat begin het tydens daardie nagtelike onderhoud met Jesus nie.